top of page
Overvaal Stereo 96.1

"Welcome to our business and thank you for your interest, We hope that we can assist you today with your enquiry"

About Our Business
Service Delivered
Van Toeka tot Nou
Overvaal Stereo het op 6 Desember 1993 vanaf Koppies as Radio Koppies begin uitsaai. Gereelde uitsendings het egter eers in Februarie 1994 begin. In 1996 het die ateljee na Viljoenskroon verskuif en as gevolg van verwarring is die naam later na Overvaal Stereo verander. Hierdie naam is deur die luisteraars gekies.
Overvaal Stereo is ‘n welkome vriend vir die luisteraar en terselfdertyd ‘n uitstekende bemarkingsmedium vir die besigheidsgemeenskap.
Overvaal Stereo is een van die grootste Afrikaanse gemeenskapsradiostasies en saai met 5Kw krag uit op 96.1 MHz FM Stereo.
Die radiostasie het in 2012 die Huisgenoot Tempo-toekenning gewen vir die gewildste Afrikaanse radiostasie. Overvaal Stereo bedien die Noordwes, Noord-Vrystaat en Suid-Gauteng provinsies. Dorpe wat Overvaal Stereo opvang sluit in Potchefstroom, Klerksdorp, Orkney, Stilfontein, Parys, Vanderbijlpark, Wolmaransstad, Leeudoringstad, Bothaville, Sasolburg, Carletonville, Fochville, Welverdiend, Heilbron en Ventersdorp. Die sein kan ook opgevang word so ver as Coligny, Odendaalsrus, Welkom, Kroonstad en Randfontein.
Die ateljee is in Viljoenskroon geleë en die sender is op Grootkop, ongeveer halfpad tussen Viljoenskroon en Vredefort.
Die stasie is gerig op die LSM groep 6 – 10 met gemiddelde ouderdomme tussen 25 – 49 en ‘n inkomste van gemiddeld R20 800.00 per maand. Die programme is gemik op die Afrikaanssprekende gemeenskap met ‘n mengsel van musiek (70%) en geselspraatjies (30%). Die musiek bestaan uit 70% plaaslike musiek en 30% internasionale musiek. Met 24-uur uitsendings strewe Overvaal Stereo daarna om ‘n plek te wees waar mense kan kommunikeer.
Overvaal Stereo het ‘n lojale 7-dag luistertal van ongeveer 66 000 luisteraars (RAMS Aug 2014) en saai daagliks gereelde weervoorspellings en nuusbulletins uit (wat plaaslike nuus insluit). Ons het ook aktuele onderhoude wat die luisteraars inlig oor sake van die dag. Die stasie se krag lê in sy diens aan die gemeenskap en bied gereelde versoek- en inbelprogramme om sy luisteraars deel van die programsamestelling te maak.
Die stasie beskik ook oor ‘n toegeruste buite-uitsendingseenheid, wat gereeld vanaf besighede, feeste en byeenkomste uitsaai. Veral besighede maak gereeld van hierdie buite-uitsendings vanaf hulle persele gebruik, omdat dit praatjies oor hulle produkte, dienste en besigheid insluit.
Overvaal Stereo bied ook gereelde kompetisies aan waar luisteraars CD’s en ander pryse kan wen en is ook bekend vir sy projekte wat aangepak word ten bate van die gemeenskap.
As jy nog nie by Overvaal Stereo geadverteer het nie, het jy nog nie geglimlag nie!
.png)
Office:
Mobile:
WhatsApp:
Contact Details
We're just an email, a call, or a visit away
067-371-2744
067-371-2744
E-Mail:
Address:
67 Engelbrecht St, Viljoenskroon, 9520, South Africa
067-371-2744

Let's Connect
Connect with us today and let’s make something amazing together! Reach out on
Photo Gallery




Share This Page
If you enjoyed your experience with us, spread the joy! Share our business card with your friends and family.
The Go-To Guy Info Corner
Regional Events Calendar
Things to Do in Potchefstroom
Places to Stay
Potch Gazette
ddff793e-15cf-4f2f-9d5d-dc8a72b6c75b
bottom of page