🏉🍕🍻 🏉🍕🍻 🏉🍕🍻
As jy op soek is na ‘n plek waar jy jou gunsteling sport kan kyk, ‘n yskoue drankie kan geniet en ‘n behoorlike bord kos kan kry, dan is Hennie’s die plek om te wees. Hierdie sportkroeg het sedert 2018 ‘n naam vir homself gemaak met sy unieke atmosfeer en regte Suid-Afrikaanse gees.

Hoe dit alles begin het
Hennie’s is vernoem na die stigter, Rikus (oftewel Jonathan van RadioRaps) se geliefde bullterrier, Hennie. Rikus het sy inspirasie in Amerika gekry en toe ‘n American Sports Bar met ‘n Suid-Afrikaanse twist geskep.Die geheim van die plek? BAIE TV’s. Jy kan jou eie sport kyk, maak nie saak waar jy sit nie – elke TV het sy eie decoder!

Die Hennie’s Reëls 🚨
By Hennie’s is daar huisreëls – en as jy dit oortree, moet jy maar die gevolge dra! Hier is dit ‘n tradisie om nie met jou linkerhand te drink nie. Oortree jy die reël? Geelkaart! Jou waiter blaas sy fluitjie en as jy ‘n rooikaart kry… wel, kom ervaar self wat gebeur!
Musiek wat saamsing-vibes bring 🎶
Wanneer daar nie ‘n groot wedstryd is wat die surround sound volspoed vat nie, speel Hennie’s se unieke playlist op die agtergrond. Met legendes soos Bruce Springsteen, ABBA en Creedence, is daar altyd ‘n tune wat ‘n paar mense laat saamsing – en ja, mense ‘Shazam’ gereeld die musiek!

Hennie’s Signature Kos 🍕🍔
Die spyskaart is net so uniek soos die plek self. Hier is vier ‘signature’ pizzas:
Die Hennie
Die Inge
Die Frik
Die Abraham Calzone
Vir iets anders kan jy ook die Hond Lager of ‘n Christa Colada Cocktail probeer. Dit is regte, eg Suid-Afrikaanse smake met ‘n twist.

Meer as net ‘n eetplek
Hennie’s is nie net ‘n restaurant nie – dit is ‘n plek waar jy met ou vriende kuier en nuwe mense ontmoet, terwyl jy lekker eet, drink en saam ‘n game kyk. Hier kry jy die beste tjoppie en ‘n koue doppie, met ‘n atmosfeer wat net reg is vir sportliefhebbers en sosiale kuiermense.
Kry jou plekkie by Hennie’s!
Besoek hulle webwerf vir die volledige spyskaart en spesiale aanbiedinge:🔗 therealhennies.co.za
Volg hulle op social media vir die nuutste updates en spesiale promosies:📷 Instagram📘 Facebook
Vir franchise-navrae of enige vrae, kontak die hoofkantoor:📧 blaf@therealhennies.co.za📞 081 886 9934
Hennie’s – waar lekker kos, sport en kuier bymekaar kom!
🏉🍕🍻 🏉🍕🍻 🏉🍕🍻
#FoodandHealthTalk #Hennies #PotchGazette #TheGoToGuy #StroomStories #Potchefstroom