Die liggiefees in Potchefstroom is altyd n belewenis en hierdie jaar is dit weereens een van die hoogtepunte van Potchestroom se kalender, en almal is uitgenooi om na die skouspel te kom kyk, sowel as die verskillende kunsteaars wat gaan optree hierdie jaar.
Vandag gaan ons probeer om al julle vrae te beantwoord en julle gemaklik te maak om te kom kuier.
Waar word die liggiefees gehou?
Die liggiefees is by die Abraham Kriel Kinderhuis in Potchefstroom, die adres is op die hoeke van Kruis Street & Viljoen Street, Potchefstroom. Ons sit ook hieronder Google Maps skakel vir gemak.
Liggiefees Google Maps Skakel: Kliek Hier
Wat is die doel van die liggiefees?
Die liggiefees is die Abraham Kriel Kinderhuis se hoof fondsisamelings projek en alle fondse gaan vir die kinderhuis behoeftes deur die jaar. Die fees lok duisende besoekers wat na die wonderwêreld van kersfeesliggies kom kyk en saam as familie en vriende hierdie wonderlike liggiesketse beleef.
Ek wil graag die Kinderhuis help, met wie kan ek gesels?
Die kinderhuis waardeer enige ondersteuning, om met hulle in verbinding te tree kan U gerus epos stuur na kantoor@akpotch.co.za of skakel Florah op 082-394-4550
Die Tydperk van die Liggiefees
Die fees is elke dag in Desember aktief vanaf die 1ste tot die 31ste Desember en hekke is oop vanaf 18:30 to 22:00.
Wat is die kostes?
Dit kos slegs R40 per persoon en kaartjies is by die hek beskikbaar.
Waar parkeer mens?
Ons het parkering al tot op ń kuns en daar is volop parkering beskikbaar met Sekuriteit wat ogie oor jou voertuig hou.
Kan ons daar eet?
Die liggiefees nooi jou uit om met honger maag te kom want ons het heelwat kos stalletjies beskikbaar, daar is drinkgoed, eetgoed en jy gaan lekker smul ons pannekoeke is altyd ń wenner, hier is sommer vir jou voorsmakie van al die stalletjies om jou maag vol te hou:
Curry en Rys, Boerewors Rolle, Rib Rolle, Chip Stix en Koeldranke, Hoender Strepies, Koffie, Yskoffie, Vrugte Freezos, Waffels, Rotti en Samoosas, Pannekoeke, Sjokolade, Lekkergoed, Ys Lollies, Oros, Water, Wyn en Bier.
Let wel eie kos en drinkgoed word ne toegelaat deur die hekke nie, dis vir ons belangrik om die liggiefees te ondersteun.
Kan ons na die Kunstenaars kyk?
Ja jou kaartjie laat jou toe om enige vertoning te kyk, al wat ons nie kan waarborg nie is dat jy tafel sal kry aangesien van ons borge wel tafels daar het en alle sitplekke wat nie gealokeer is nie op eerste kom eerste geholpe basis is, maar dit beinvloed glad nie die liggieskou nie, die liggieskou is gebou sodat jy elke liggie sal kan besoek en jou verwonder.
Kan ons tafel boek vir vertonings?
Ja daar is die opsie om tafels te boek, tafels is beperk so spring vinnig en kontak vir Florah op 082-394-4550
Hoe laat begin die kunstenaar vertonings?
Die hekke maak 18:30 oop en die vertonings begin 20:00
Wat is daar nog om te doen vir kinders?
Die spesiale Kinder area is altyd populer terwyl mamma en pappa pannekoek eet en sit en verstaar aan al die mense en die liggies... die area is vir voorskoolse kinders en is 'n omslote veilige ruimte vir kinders van 7 en jonger. Kinders ouer as 8 jaar word nie in die speelarea toegelaat vir die veiligheid van die ou kleiner kinders nie. Daar sal 'n kinderoppasser wees om te verseker dat kinders veilig is en goed met mekaar speel. Vriendskappe sal beslis gesmee word. Reg langs die deur is "OUPA SE WA", 'n volgende vlak rit-op beskikbaar vir kleintjies met 'n sin vir avontuur.
Daar is ook ń lekker Verfbal Teikenskiet area vir die ouer kinders, Formula 1 Simulator resies, Springkastele en ń saamry toer om die rand van die liggiefees.
Wat is die LiggieMark?
‘n Gesellige mark waar jy kan kies en keur tussen ‘n verskeidenheid mooigoed, eetgoed, houtgoed, speelgoed, huisgoed, blinkgoed, gee-goed en hou-goed… ons uitstallers is spesiaal uitgesoek en is knap aan die werk om die beste produkte vanaf handgemaak tot ingevoer uit te stal sodat jy daardie perfekte geskenk of ietsie spesiaal vir jouself kan aanskaf…oud en jonk kan kom snuffel, slenter, bewonder en koop na hartelus… Die mark is vanaf 1-23 Desember elke aand oop vanaf 18H30 tot 22h00… jip ons is selfs Sondae ook oop.
Wat gebeur tydens Loadshedding, werk die liggies nog?
Inderdaad, ons het Generator en die liggies sal nog in alle glorie skyn.
Kan ek my hondekind of ander diere saambring?
Ons is immense diereliefhebbers en ons verstaan ons wil hulle oral saamvat, maar ongelukkig is die fees nie dierevriendelik nie.
Waar kan ons oorbly in Potchefstroom?
Indien julle van buite die dorp is en wil oorbly het Potch baie om te bied, vir akkommodasie in Potchefstroom kliek op die skakel hierna, wat jou sal deurneem na hele rits plekke wat jy in Potchefstroom kan kontak vir verblyf - Skakel na Verblyf
Wat anders kan ons doen in Potchefstroom?
Potch het baie dinge om te bied wat julle deur die dag voor die liggieskou kan doen, daar is fantastiese eetplekke en hele rits van dinge om te doen, hieronder het ons skakels waar jy kan kyk vir dinge om te doen en plekke om sommer lekker te eet.
Skakel na dinge om te doen: Kliek Hier
Skakel na Eetplekke: Kliek Hier
Ons wil graag by Kinderhuis betrokke raak as borg vir die liggiefees, is dit moontlik?
Absoluut, daar is heelwat geleenthede vir borge, maar jy sal moet spring, kliek op die skakel hieronder waar jy meer inligting in verband met borge vir liggiefees kan kry.
Skakel na Borgskap Besonderhede: Kliek Hier
Wie is die Kunstenaars die jaar en waneer tree hulle op?
Hieronder het ons vir jou die lys van kunstenaars sowel as die datums en kort profiel van elke kunstenaar.
Vrydag - 1ste Desember
Bernice West, oorspronklik Bernice van der Westhuizen gebore (21 Oktober 2000, Rustenburg, Suid-Afrika), is 'n talentvolle Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer uit Swartruggens in die Noordwesprovinsie. Op 13 Maart 2020 het sy haar debuut enkelsnit, "Sonop-Blom", bekendgestel. Sy het nasionale aandag gekry toe sy as die naaswenner van die musiekwerklikheidsprogram "Maak My Famous" op kykNET geëindig het. Haar liedie Lyfie is wel bekend by die jeug en Bernice bly sprankelende ster in ons musiekwêreld
Saterdag - 2de Desember
Aan die einde van 2019 het Jan Jan Jan, die 'Boere Boyband' van Boerboel Wear, opslae gemaak met hul noupassende broeke, tweekleurige hempies en hul debuut enkelsnit, ‘Wys jou Vleis’.
Met Jan Jan Jan aan die stuur, het ons saam gelag, mielies rondgeslinger en die boer binne ons gevier. Een na die ander musiekvideo van hulle het miljoene kykers gelok, wat aandui dat hierdie groep net van krag tot krag gaan.
Saterdag - 9de Desember
In die hartjie van die Suid-Afrikaanse musiekindustrie klop 'n ritme wat deur duisende herken en geliefd is. Dit is die ritme van 'n man genaamd Appel, of beter bekend as Christoph Kotzé, 'n liedjieskrywer-sanger wat sy stempel onuitwisbaar in die annale van Afrikaanse musiek gemaak het. Appel is in Brits, Noordwes gebore. Hy het 'n vroeg liefde vir musiek ontwikkel, wat grootliks deur sy ouers beïnvloed is. Sy musiek is 'n kombinasie van sy erfenis, ervarings en die liefde en ondersteuning van sy familie.
Donderdag - 14de Desember
Riaan Benadé is 'n singer-liedjieskrywer van Pretoria, Suid-Afrika, wat in Augustus 2020 sy debuutalbum "Spontaan" vrygestel het. Met 'n vars en unieke klank, het hy vinnig die harte van musiekliefhebbers landwyd gewen. Met 'n repertoire wat liedjies soos "Spontaan", "Lieg Vir My", "There Was Jesus", "Keeza", "From Now On", en "Ons Sal Self" insluit, bied Riaan 'n diverse klankpalet wat iets vir elke luisteraar het. Elk van hierdie liedjies weerspieël 'n stuk van wie hy is en wat hy aan die wêreld wil oordra.
Vrydag - 15de Desember
In 'n era waar musiek dikwels oor die selfde paadjie loop, staan Dodo Nyoka uit met sy unieke mengsel van tradisie, passie, en energie. Dodo, die naaswenner van "Die Kontrak Seisoen 2", het homself vinnig as 'n krag in die Afrikaanse musiekwêreld gevestig en is die nuwe gesig waaroor almal praat. Dodo se musikale styl straal eerlikheid uit, wat na vore kom in sy liedjies en persoonlikheid. Hy het die vermoë om sy hart oop te maak en 'n onmiddellike verhouding met sy gehoor te vestig, 'n eienskap wat elke suksesvolle kunstenaar behoort te hê. Dodo verwoord die Afrikaners-wat-plesierig-is-kultuur met 'n flair wat selde gesien word.
Saterdag - 16de Desember
In die Suid-Afrikaanse musieklandskap is daar elke nou en dan 'n kunstenaar wat blitsvinning aandag trek en 'n merk maak. Een so 'n sanger, wat tans op almal se lippe is, is niemand anders as Eloff nie. Eloff, 'n Potchefstroom-student, het vinnig naam gemaak met sy platinum debuut-enkelsnit "Johnnie Blou". En as jy dink dit was alles, dink weer. Sy opvolg snitte, "Geheuverlies" en "Witblits" het ook groot sukses behaal, met "Witblits" wat onlangs 'n platinum status behaal het. Met sy onlangse liedjie "#KoueKole", het hy 'n treffer uitgereik wat mense op die dansvloer gaan laat meel gooi elke naweek. Een van sy groot prestasies is dat sy liedjies "#Geheueverlies" en "#ATKV" albei goudstatus behaal het. Sy musiek is uniek, en vang die gees van die Afrikaanse kultuur op 'n manier wat min ander kan. Dit is 'n minimalistiese weergawe van post-sokkie Boeremusiek. Met sy tong-in-die-kies lirieke en energieke optredes, het Eloff se musiek 'n vaste gunsteling by partytjies regoor die land geword.
Vrydag - 22ste Desember
Suid-Afrika is huis aan menige talentvolle musikante en sangers, maar een wat beslis uitstaan is Chris Else. Bekend vir sy unieke klank in beide die Country- en Gospel-arena, het Chris 'n formidabele indruk in die musiekindustrie gemaak.
In die afgelope drie jaar alleen het sy albums, insluitend "The Older I Get", meer as 6 miljoen kyke op YouTube behaal. Dis 'n prestasie wat nie net sy talent en vermoë as 'n sanger toon nie, maar ook die impak wat hy op luisteraars het. Enkele van sy treffers sluit in "Hoor My Roep", vrygestel in Junie 2019, en "Jy Is My Huis", wat in Mei 2022 aan die publiek voorgestel is. Sy eerste album, self getitel "Chris Else", is in Maart 2016 geloods en het dadelik groot aandag getrek. Chris se liefde en passie vir sy geloof is duidelik in sy musiek. Hy glo vas dat daar altyd hoop is vir die toekoms, soos hy self sê: "Omdat ons Koning lewe, is daar hoop vir môre..! Hou vas aan hom en vertrou!"
Saterdag 23ste Desember
Leani van Niekerk, beter bekend as Leah, is een van Suid-Afrika se helderste sterre. Nie net het sy 'n stem wat die harte van duisende raak nie, maar sy het ook 'n ongelooflike talent as 'n aktrise, danser, TV-aanbieder en model.
Leah het haar debuut in die wêreld van vermaak gemaak met 'n protserige rol in die 2013-film, "As Jy Sing", waar sy die skerm gedeel het met die gewilde Bobby van Jaarsveld. In die wêreld van musiek het Leah in 2015 haar debuutalbum "Wonderwerk" vrygestel, wat gou goudstatus behaal het. Dit was gevolg deur albums soos 'N Song 'N Dag en haar onlangse uitreiking, Kyk Na My. Met haar ongelooflike suksesse in beide die musiek- en vermaakwêreld is dit duidelik dat Leah van Niekerk 'n krag is om rekening mee te hou. Of sy nou op die verhoog, voor die kamera, of in die opnamestudio is, Leah lewer konsekwent 'n prestasie van wêreldgehalte wat haar 'n plek verseker as een van Suid-Afrika se helderste sterre.
Kontakte
Epos: kantoor@akpotch.co.za
Web blad: www.liggiefees.co.za
Selfoon: 082-394-4550 (Florah)