“You can't buy happiness, but you can buy coffee, and that's pretty close”

Ons gaan kuier
Daar is geen twyfel dat Potchefstroom sinoniem is met koffiewinkels. Met nuwe winkels wat gedurig hul deure oopmaak, is dit maklik om te mis wanneer daar wel ’n nuwe koffiehuis oopgemaak het. In die komende weke gaan ons ’n paar unieke koffiewinkels besoek om die gemeenskap bloot te stel aan die verskeidenheid waarmee ons dorp spog.
Koffie is 'n ernstige saak
Hardcore koffieliefhebbers is spesifieke soort mense wat die vraag “hoe neem jy jou koffie?” sal antwoord met “ernstig, baie ernstig”. Alhoewel ’n ‘gewone’ koffiedrinker so skaars soos hoendertande is, is daar tog diegene wat ’n koppie koffie geniet sonder om te redeneer oor die koffie se smaak kwaliteit, te stry of dit nou ’n Arabica of Single Origin koffieboon is en of die koffie as bright of briny geklassifiseer moet word – want kom ons wees eerlik, ons Jan Raps sal nie eens ’n verskil proe nie en dít sal ’n koffie-entoesias tot in sy of haar Crocs skok, want deesdae jy is óf ’n ernstige koffie-kop óf irrelevant.
Koffie Gemeenskap
Koffie is lankal nie meer net ’n drankie nie; dit is ’n gier wat so gegroei het dat dit nou al ‘n hele gemeenskap is. Of jy ’n slegs-een-koppie-in-die-oggend of vyf-koppies-voor-middagete tipe mens is; ’n
swart-sonder-suiker of skinny-haselneut-latte-met-skuim tipe mens is – niemand kan behoorlik funksioneer daarsonder nie.
Kom ontdek die klein juweeltjies waaruit Potchefstroom se koffie gemeenskap bestaan.
Ken jou koffie lingo:
Affogato 'n espresso-drankie met 'n skeppie roomys
Americano 'n verdunde dubbel espresso met water
Cafe Au Lait koffie met gestoomde melk
Cappuccino 1/3 espresso, 1/3 melk, 1/3 skuim
Cold Brew koffie wat gebrou word met koue water
Cortado 'n gelyke hoeveelheid espresso en gestoomde melk; effens sterker as 'n latte of cappuccino
Espresso 'n hoogs gekonsentreerde bediening van koffie
Flat White soortgelyk aan 'n latte; net minder melk en meer skuim
Frappuccino 'n bevrore, gemengde drankie gemaak met espresso, melk en geursel
Latte gestoomde melk en espresso
Macchiato espresso met gestoomde melk
Mocha gestoomde melk, espresso en sjokoladestroop of -poeier
Pour-Over word gemaak deur stadig water oor gemaalde koffie te giet om 'n meer smaakvolle koppie te maak.
Ristretto 'n nog hoër gekonsentreerde weergawe van espresso
Skinny koffie wat gemaak word met lae-vet of vet-vrye melk bv. skinny latte, skinny cappuccino
Koffiewinkels op The Go-To Guy
As jy opsoek is na koffiewinkels in Potchefstroom, besoek dan gerus ons Koffiewinkel seksie hier op The Go-To Guy se blad deur op die foto hieronder te kliek.
Potchefstroom - Johané van Dyk