Die hartseer saak van die honde aanval op Mev Dipuo Kokolosi deur drie honde in Januarie 2022, het vandag weer sy draai in die landroshof in Potchefstroom gemaak, toe die eienaars van die honde, Mej van der Linde en Mnr Mostert, in die hof verskyn het.
Mev Kokolosi het sedert die aanval, waartydens haar gesig ernstig geskend is, verskeie mediese behandeling en rekonstruksies ondergaan, en die pad vorentoe gaan geensins maklik wees nie aangesien daar nog heelwat operasies beplan word om haar bolip, neus en gesig te rekonstrueer.
Díe verskriklike dag het almal se lewens drasties verander toe die paartjie se drie honde Mev Kokolosi aangeval het waar sy vir die egpaar as huishulp gewerk het, en bure van die egpaar (Mnr Abdullah en Wetdewich) vir Mev Kokolosi gered het. Mnr Abdullah moes die honde doodskiet toe die honde hom ook aangeval het.
Volgense Mev Kokolosi was sy besig om skottelgoed te was toe die honde haar aangeval het, dit nadat die honde vermoedelik uit hulle hok area onstnap het.
Mnr Schutte, die paartjie se prokureur, sê die drie honde was toegesluit in arae waar hulle nie kon uitkom nie, en die paartjie het geen benul hoe die honde uitgekom het nie, die paartjie word aangekla van nalatigheid en aanhou van gevaarlike diere.
Die saak sal weer vroeg November 2023 hervat waar die staat eerste getuies sal roep om hulle weergawes en bewyse met die hof te deel.
Hierdie aanval, en andere soos die, het diereliefhebbers sowel as algemene publiek verdeeld, aangesien die Pitbull ras veral wil voorkom as honderas wat meer gereeld in sulke gevalle betrokke is, en sommige voel dat hierdie ras verban moet word, terwyl ander weer van mening is dat hierdie ras geen groter risiko inhou as enige ander honderas nie.