Skandelik is die enigste woord wat op ons harte lé die afgelope week... nadat een van NWU se top Ingenieur Studente van 2022, Lizka-Mari Nell (23) gesterf het nadat sy by ontspanningsoord geskiet is.
Onder die Sterre, Jonkwees, Fliek en Liefde
Lizka en haar kérel Nicolas Wincento het die noodlottige nag besluit om tentjie op te slaan, voor die eenheid waar Wincento se Tannie en verloofde langtermyhuurders is, vir fliekaandjie onder die sterre, ń onskuldinge besluit wat Lizka se lewe sou kos, en twee gesinne se totale fondasie sou verkrummel.
Skrikwekkend, Skote en Bloed
Wincento se verhaal van die aand se gebeure speel soos ń skrikwekkende rolprent af soos hy die gebeure aan die media vertel.
Wincento het kort voor middenag gehoor hoe iemand van buite die tent probeer oopmaak, en toe uitgegaan om ondersoek in te stel, die volgende oomblik het die skote geklap en Wincento is in sy regterbeen geskiet.
Wincento het toe naarstiglik vir hulp gesoek deur lawaai te maak en aan sy tannie se huisdeure te ruk om hulle aandag te trek, en het terug gehardloop na die tent toe waar dit wil voorkom asof die rowers nog steeds besig was, en waar Wincento geweet het Lizka nog binne die tent was.
Nog skote is hierna afgevuur en weereens is Wincento raakgeskiet tydens die geveg met die boewe, hy het hulle met stoele en blompotte gegooi, dit was egter baie moeilik aangesien daar vyf rowers was, en twee van hulle kan hy onthou was gewapen.
Tydens hiedie periode het die rowers verskeie skote na die tent se kant gevuur en Lizka is drie keer raakgeskiet, in die arm, bors en maag, die boewe het toe die hasepad gekies en weer skoot gevuur wat weer vir Wincento getref het, die keer in die rug.
Hulp Verwaarloos, Pynpille, Antibiotika
Dit is hier waar die storie begin om selfs nog meer bittere smaak in mense se mond te plaas, en waar die gemeenskap verder geskok sou word, aangesien dit wil voorkom asof ons gesondheidstelsel se nalatigheid, onbesorgdheid en skandelike optrede sou lei to Lizka se dood.
Wincento se tannie en verloofde het vir Lizka en Wincento na Brits-distrikhospitaal geneem, beide Lizka en Wincento het erg gebloei op die stadium. By die hospitaal het die hospitaal personeel X-Strale geneem en hulle paar ure daarna ontslaan met die prognosis dat wonde glad nie erg is nie en dat hulle maar huis toe kon gaan, en hulle is met Parasetomol en Antibiotika huistoe gestuur.
Koue, Asem en Noodlot
Wanda en Barry Nell, Lizka se ouers, vertel dat die Saterdag aand by hulle huis het Lizka omtrent middernag gesê sy kry verskriklik koud en sy sukkel om asem te haal, haar ouers het vir Lizka by hulle laat lê om haar warm te probeer maak, Lizka het egter nie beter geword nie en Wanda en Barry is met haar na die Lenmed private hospitaal in Randfontein.
Lizka is toe gestabiliseer en vanaf Lenmed oorgeplaas na Potchefstroomse provinsiale hospitaal aangesien die gesin nie aan mediese fonds behoort nie, en hier het dinge nog verder begin skeefloop aangesien beurtkrag sou sien dat Lizka eers Sondag 22:00 na die teater geneem kon word vir verdere behandeling.
Lizka het nooit wakker geword tydens die prosedure wat sou volg nie, sy het erge skade aan haar ingewande gehad en haar bloedruk het so geval tydens die prosedure, dat die mediese personeel nie operasie kon voltooi nie, die pragtige sonstraal kind is oorlede in die waakeenheid van die hospitaal.
Gelowig, Vertroue
Wanda vertêl dat hulle voor operasie saam gebid het, en Lizka wat baie gelowig was, vir Wanda gesê het dat sy volle vertroue het dat dinge sal gebeur soos dit moet.
Misdadige Area
Na die voorval het die eienaars van die perseel verklarings uitgereik waar dit wil voorkom of die boewe die lemmetjiesdraad wat om perseel is geknip het, en sodoende toegang gekry het, daar is ook drie permanente wagte sowel as kontrakteur van sekuriteitsmaatskappy wat glo blitsvinnig op toneel was.
Dit wil verder voorkom dat alhoewel die oord self nie uiteraard hoë misdaad teiken is nie, dat die area wel gedurig onder misdaad deurloop, en dat dit alom bekend is dat die area gedurig deur misdadigers geteiken word.
Asem Onnodiglik Weggeneem
Vandag moet ons tog bevraagteken, hoe het hierdie jong vrou deur drie verskeie mediese fasiliteite gegaan, hoe is hierdie jong vrou huistoe gestuur met pynpille en antibiotika vir drie skietwonde, hoe het hierdie vrou haar lewe verloor, dit was dalk die boewe wat die skade deur die skote gedoen het, maar dis die gesondheidstelsel wat haar asem sou wegneem, heeltemal onnodiglik as na al die feite om die hartseer storie gekyk word.
Rus Sag Lizka-Mari
Ons sak ons skop in skaamte vandag, en ons diepste medelye aan die gesin, die familie en die vriende van Lizka, mag jou storie iewers ń verskil maak aan ons gesondheidstelsels en voorkom om heeltemal in duie te stort, mag jou sonstraal persoonlikheid vir die wat jy nalaat steeds spesiale plekkie inneem, rus sag Lizka-Mari
Ek wil so graag so in my binneste skreeu van hoe absoluut die BESTUUR van Brits Distrik Hospitaal met vrouens praat, en hoe "casual" hy net die pasiënte huis to stuur , asof hy die alfa en omega is..... die bestuur en die hospitaal se NOOD eenheid is.SWAK!!! Mense le op die grond in daardie hospitaal!!! Siek , sielkundige mans trek kaal uit voor almal en hardloop oorals rond. Dit is waensin as jy sien in watter haaglike kondisies en toestande die pasiënte moet sit en wag vir URE!! NET OM GESE TE WORD OM HUIS TOE TE GAAN!!! Hulle "HOOF" bestuur loop rond met sy neusnin die lug en kyk na jou asof jy gif is, en wanneer hy n vraag vra, en jy maar skroomerig is en saggies praat, praat hy in só n vernederende manier en kliphard voor sy kollegas, wat nie N WOOOOORD se daaroor nie, met jou en se, " it's not a difficult question, just answer only that!! "
My een vriend se broer, Johan, ... ook my vriend, was in die been met n geroeste lem gesteek....hierdie onbekwaamde hospitaal personneel.... het hom ook huis toe gestuur.. en 5 dae na die tyd....is hy oorlede. Hy was nog so bitter jonk!
Ek wens iemand wil gaan ondersoek instel daar!!!!!