Kyk gerus na hierdie video van JB Marks Local Municipality wat die #waterkrisis in #Potchefstroom uiteensit.
Dankie aan die Agter die Skerm Ondersteuning
Baie dankie aan raadslede Santi Britz en Anné van Onselen wat heeldag op die toneel was om agter die kap van die byl te kom en ons deurlopend op hoogte te hou. Dankie ook aan die munisipale werkers wat nou dag en nag werk om hierdie reuse-probleem reg te stel.
Stadsraad Pleidooi
Ek hoop dat die Stadsraadsbestuur nou sal verstaan waarom ons deurlopend pleit vir ‘n gestruktureerde en pro-aktiewe instandhoudingsprogram van nie net ons waterpypnetwerk nie, maar ook die rioolstelsel, elektriese netwerk (straatligte ingesluit) en paaie-netwerk. Anders gaan ons elke keer beduidend duurder betaal en inwoners erg verontrief as daar ‘n krisis soos hierdie ontstaan.
NWU Kampus Bestuur is Ysters
Die wyse waarop die NWU Kampusbestuur hierdie krisis hanteer het, was verstommend! Baie dankie aan Corrie Rheeder, Mark Greeff, Greg Roberts, Drikus Grobbelaar, Liesel van Wyk en die res van hulle span wat binne ‘n paar uur gevulde watertenks by elke koshuis op die kampus kon plaas.
Waterpunte
Daar sal oor die naweek verskeie plekke in Potchefstroom wees waar watervragmotors beskikbaar sal wees en ons sal hierdie details plaas sodra beskikbaar.
Bertus Le Roux - DA Raadslid