VAKATURE : KLIENTE SKAKEL & ADMINISTRATIEWE BESTUURDER
Daar bestaan n vakature vir bovermelde pos om sou gou as doenlik gevul te word, by n gevestigde besigheid in Parys.
Die pos bestaan uit drie Sleutel Prestasie Areas en slegs kandidate wat ervaring en kennis van ten minste twee van die drie Sleutel Prestasie Areas het, sal in aanmerking kom vir die pos. Kandidate wat nie oor die nodige kennis en ervaring van die verskillende sleutel aspekte van die pos beskik nie, sal nie in aanmerking geneem word nie.
Die kern Sleutel Prestasie Areas is as volg:
-KANTOOR EN BESIGHEIDS ADMINISTRASIE
-SOSIALE MEDIA
-KLIENTE SKAKELING EN KOORDINERING
AANSOEK PROSES: Alle belangstellendes wat oor die nodige ervaring, kennis en kwalifikasies beskik moet asseblief n volledige CV stuur aan aschabort1@gmail.com.
Kwalifikasies,werkservaring en vorige posisies met name van verwysings moet volledig op die CV uiteengesit word. Na ontvangs van die CV's sal n lessenaarkeuring gedoen word ten einde kandidate te identifiseer wat moontlik kan kwalifiseer.
Slegs kandidate wat kwalifiseer sal genooi word vir n onderhoud. Indien aansoekers nie binne twee weke enige kommunikasie van ons ontvang nie moet hulle aanneem dat hulle aansoeke onsuksesvol was en sal geen verdere kommunikasie plaasvind nie.
Gesprekke rondom salaris & voordele sal eers plaasvind tydens die opvolg keuringsproses.