Soos die lente met ’n vars briesie inkom, bring Appel sy nuutste enkelsnit, Klomp Keer Lekker, ’n vars klankervaring vir oud en jonk. Hierdie vrolike liedjie, geskryf om jou dag en veral jou naweek stukke beter te maak, weerspieël Appel se kenmerkende styl en treffende lirieke.

Appel deel dat die liedjie die storie vertel van ’n pragtige jong paartjie wat hul eie pad stap, ongeag wat die wêreld van hulle mag dink. “Hulle is vir mekaar genoeg, ken mekaar deur en deur, en dit is al wat saak maak,” sê Appel oor dié snit, wat diep in die siel van jong liefde delf.
Jonk en Verlief
Volgens Appel is daar geen spesifieke storie wat die inspirasie vir Klomp Keer Lekker was nie, maar eerder die herinnering aan die tye toe ons almal jonk en verlief was. “Dit beteken vir my dat ek die voorreg het om weer nuwe musiek uit te bring, te leef, kreatief te wees, en dit is vir my genoeg,” voeg hy by.
Musiek wat mense Gelukkig maak
Appel hoop dat, as dit die Here se wil is, die liedjie met ope arms deur luisteraars ontvang sal word. “Solank my musiek mense gelukkig maak, laat lag, laat verlang, en net vir ’n uur of twee hulle menswees laat waardeer, dan het ek geslaag,” sê Appel oor die impak wat hy met sy musiek wil hê.
n Lied wat elke Speellys sal Ophelder.
Die musiekvideo, wat by Stoetbul in Pretoria en Shokrun verfilm is deur Conrad Theron van Atlas Media, is ook nou op YouTube beskikbaar. Hoewel daar heelwat bekende gesigte in die video is, wil Appel nie te veel verklap nie. “Kyk maar self,” het hy gesê. Met Klomp Keer Lekker laat Appel luisteraars saam met die lente lag en liefde vier, ’n lied wat
beslis elke speellys sal ophelder.
Appel - Klomp Keer Lekker
Enige verdere vrae / besprekings oor Appel kan gerig word aan Tanya Smith van Coleske Group by:
Tel: 082 323 4949








.jpeg)
