Mirandi, die naaswenner van Die Kontrak se derde seisoen, het die musiekwêreld behoorlik aan
die gons gehad met haar ongelooflike talent. Haar optredes tydens die kompetisie het die
kenners se oë laat rek, en nou stel sy haar nuwe enkelsnit, Wille Sarie, amptelik vry.

1950 tot Modern
Wille Sarie, wat geskoei is op die 1950 liedjie Good Golly Miss Molly deur Little Richard, bied ’n
opwindende mengsel van blues, rock en jazz musiek. Mirandi het die lirieke self geskryf, terwyl
die melodie uit Good Golly Miss Molly spruit.
Mirandi deel: “Die idee vir Wille Sarie het begin toe ons op pad see toe was. Ek is baie streng
grootgemaak. Ons mag nie uitgegaan het en gaan dans het of na sokkies toe gaan nie.” Sy voeg
by, “Wille Sarie is ’n lewendige liedjie wat ’n kant van my wys wat almal ken. Almal weet ek is sag,
maar ek kan ook lekker laf wees as ek die dag lus is. Dit som myself op.”
Maak die Litte Los
Die liedjie vertel die verhaal van ’n persoon wat streng grootgemaak is, maar net ’n bietjie wil
losbreek en gaan dans. “Dit gaan oor die hardwerkendes wat net ’n bietjie wil litte losmaak,”
verduidelik Mirandi.
Mirandi hoop dat die publiek Wille Sarie met ope arms sal ontvang en dat die liedjie mense
dadelik sal laat dans wanneer hulle dit hoor. Sy vertel dat die terugvoer op die liedjie reeds
oorweldigend positief is, veral van die ouer generasie wat nostalgies is oor die dansbare musiek
van die 50’s.
Hoogtepunte
Sy benadruk dat sy haar toekoms in die Here se hande plaas en glo dat Hy haar op die regte
paaie in haar loopbaan sal lei. Mirandi beskou haar deelname aan Die Kontrak en die
geleentheid om Arnold Coleske te ontmoet as een van haar grootste hoogtepunte en waardeer
die ondersteuning van Coleske Artist Management.
Hier is die Musiekvideo
Enige verdere vrae / besprekings oor Mirandi kan gerig word aan Tanya Smith van Coleske Group by:
Tel: 082 323 4949








.jpeg)
