POTCHEFSTROOM – Wanneer 'n gemeenskap in ń kind glo, kan wonders geskep word. Dit is die storie van Lihann Kemp, die talentvolle o.10 landlooper van Laerskool Baillie Park, wat hierdie jaar sy drome waar gemaak het.
Vasberadenheid en Toewyding
'n Jaar gelede het Lihann 'n tiende plek in die SA Kampioenskappe behaal, maar met vasberadenheid, toewyding en die ondersteuning van sy ouers en gemeenskap, het hy vanjaar goud verower.
Ma se Dryfkrag en Ondersteuning
Sy ma, trots en dankbaar, het gesê, "Ek is hierdie talentvolle seun op die fotos se Mamma en hy verdien elke geleentheid wat sy kant toe kom.",
Toe sy 'n beroep op die gemeenskap gedoen het om finansieel by te dra sodat Lihann die SA Kampioenskappe kon bywoon, het die gemeenskap hul harte en beursies oopgemaak.
The Go-To Guy self het ook bygedra en ons het dus met spesiale oog na resultate gekyk :)
Lihann se Passie
Lihann het gesê, "Ek gryp elke geleentheid met beide hande aan en steek nie my talent onder die maatemmer weg nie. Landloop is nie net 'n sport vir my nie, maar 'n passie. Ek oefen en gee altyd my beste!"
NW Landbou Kampioenskappe
Lihann het op Saterdag, 2 September 2023 deelgeneem aan die NW Landloop Kampioenskappe by die Joolplaas, waar hy deelgeneem het teen ander talentvolle landloop atlete en weggestap het met die titel van ACNW se Kampioen en dus ook oppad was SA's toe wat op 16 September 2023 in Gqeberha (Port Elizabeth) plaas sou vind.
ASA se SA Cross Country Championship
Met sy ouers, sy gemeenskap, sy passie en sy afrigter André Olivier se ondersteuning is Lihann SA's toe, en hier het hy die fantastiese tyd van 06:57 gehardloop wat hom die eerste plek en dus goud besorg het, neem in ag dat skaars ń jaar gelede het Lihann 10de plek behaal, dit wil gedoen word.
Almal is Trots
Baillie Park en die hele Potchefstroom gemeenskap is regtig trots op jou, Lihann. Mag jou passie en toewyding jou na nog groter hoogtes neem!
Span van Langasems
Ander Bailie Park Atlete wat ook besondere prestasies behaal het deur die SA's by te woon en hulle plekke word ook hieronder aangedui
Meisies 0/10
Milla Oberholzer - 42ste
Elmia Roelofze - 70ste
Seuns 0/10
Lihann Kemp - 1ste
Janco Proctor - 38ste
Ethan Enslin - 100ste
Aldo Viljoen - 126ste
Meisies 0/13
Xandri Dreyer - 105ste
Seuns 0/13
Divan Kruger - 79ste
Jason Gouws - 97se
Hugo Viljoen - 117ste