Potchefstroom Gimnasium, met sy leuse "Fac et Spera" (Werk en Hoop), is diep gewortel in die dorp se geskiedenis. Gestig as 'n voorbereidingskool onder die Teologiese Skool in Burgersdorp in 1907, het dit gegroei tot 'n hoeksteen van onderwys in Potchefstroom.
By Gimmies fokus ons daarop om die regte waardes by elke leerder vas te lê, en hulle voor te berei vir die lewe na skool. Die skool is trots op sy "REGHOU"-waardes—Respek, Eerlikheid, Gimmie-guts, Hardwerkendheid, Orde en Dissipline, en Uitnemendheid. Hierdie gebalanseerde benadering verseker dat leerders goed voorberei is om die uitdagings van die samelewing aan te pak.
Adres:20 Molen St, Potchefstroom
Telefoon:018 293 0261
Webtuiste: gimmies.co.za
Epos : potchgimmies@gimmies.co.za









.jpeg)

Gimmies Vier Nasionale Pi-dag met ’n Smaaklike Draai
🥧➗️ 🥧➗️ 🥧➗️ 🥧➗️ 🥧➗️
Potchefstroom Gimnasium het op 15 Maart ’n lekker manier nasionale Pi-dag gevier – met ’n "pie"-eetkompetisie en natuurlik, ’n bietjie wiskunde vir die slimkoppe.
Wie kan die meeste pies eet?
Gimmies het behoorlik saamgespeel en die kompetisie het gesorg vir groot pret en goeie gees op die skoolgrond. Leerders het mekaar uitgedaag om te kyk wie die meeste pasteie kan eet – en daar was natuurlik groot trots op die spel.
Groot geluk aan ons wenners
👏🏼 Juandré Barends het met die wen gespog deur die meeste "pies" te eet. ’n Prestasie wat beslis nie maklik is nie!Nog ’n hoogtepunt van die dag was Logan Botes wat daarin geslaag het om 342 desimale van Pi op te sê – ’n ongelooflike prestasie wat sekerlik baie ure se oefen gevat het.
’n Dag vir wiskundiges en liefhebbers van pastei
Pi-dag is altyd ’n spesiale dag vir wiskundeliefhebbers, maar Gimmies het gewys dat dit ook ’n lekker dag vir die hele skool kan wees. ’n Kombinasie van breinkrag en eetlus het gesorg vir ’n dag vol glimlagte.
🥧➗️ 🥧➗️ 🥧➗️ 🥧➗️ 🥧➗️
#Gimmies #PotchGimmies #GimmieTrots #HouByBlou #PotchGazette #TheGoToGuy #StroomStories #Potchefstroom