Noordwes kampioenskappe
Mékayla Grace Groenewald, 'n gr. 9-leerder aan Potchefstroom Gimnasium, het onlangs geskitter by die Noordwes kampioenskappe vir dans en modelwerk, waar sy gekwalifiseer het vir die Suid-Afrikaanse kampioenskappe, SACOPA.
Gedurende die week van intense kompetisie, het Mékayla goue en silwer medaljes ingepalm, sowel as 'n bronsmedalje, en is bekroon as die beste junior model.
Hierdie prestasies het haar 'n uitnodiging besorg om deel te neem aan die wêreldkampioenskappe in Los Angeles van 24 Junie tot 10 Julie, 'n geleentheid waar sy die kultuur van Suid-Afrika sal vertoon in 'n spesiale "Worlds Parade Walk."
Terwyl sy voorberei vir hierdie groot internasionale platform, sien Mékayla ook uit na haar deelname aan Miss Pre Teen South Africa in Mei.
Sy is passievol oor haar liefdadigheidsprojek, Grace Angel, wat klere insamel vir kinderhuise.
"As ek die titel wen, kan dit my projek baie help om meer mense te bereik," sê Mékayla,
wat van kleins af aan dans en modelwerk deelneem.
Met steun van haar dansstudio en modelskool, is Mékayla gereed om haar talente op die wêreldverhoog te demonstreer.
#TheGoToGuy #Gimmies # SportsNuus