🎓 🎓 🎓 🎓 🎓 🎓 🎓 🎓 🎓 🎓
Potchefstroom se skole het die afgelope week behoorlik gewys wat in ons jeug steek, van sport en kultuur tot akademie en spesiale besoeke. Hier’s ’n oorsig van wat in ons skole aangaan👇

⭐ Shooting for the Stars Montessori: Gesonde Glimlagte
’n Groot dankie aan Dr Nthabiseng wat die kleingoed by Shooting for the Stars Montessori Potch geleer het oor mond higiëne en die belangrikheid daarvan. Jou passie vir gesondheid maak reeds ’n verskil! 🦷✨

🎓 The High School for Girls Potchefstroom: Termyn 1 se Top 5 Skitter
Potch Girls High is trots op hul leerders wat met harde werk en toewyding aan die akademiese voorpunt van hul grade gestaan het. Baie geluk aan al die Top 5-leerders van Termyn 1, julle prestasies is ’n bewys van deursettingsvermoë en toewyding. 👏📚
👩🎓 Graad 12:
Kuyabongeka Zulu
Mia Kok
Laura Andrade de Ponte
Amorie Maass
Gheerde Kempen
👩🎓 Graad 11:
Lamees Rassulmia
Siné Schutte
Diya Abraham & Nomvuyo Tyobeka (gedeelde 3de)
Bophelo Mphakati
👩🎓 Graad 10:
Rievkah Boardman
Khumoetsile Leeuw
Aphile Mabaso
Diya Zacaria
Masego Mmekwane
👩🎓 Graad 9:
Akilah Loonate
Mokgetoa Ramusi
Thandolwethu Mahlalela
Amaani Carrim
Oreratile Modise
👩🎓 Graad 8:
Orefile Lesupi
Bunhle Mashabane
Alicia Boreni
Bonolo Motlhaoleng
Atlegang Galeboe & Xongi Mdaka (gedeelde 5de)
Ons wens al hierdie jong vroue alle sukses toe vir die res van die akademiese jaar.

🏫 Potchefstroom Gimnasium: Sport en Skaak op sy beste
Gimmies het hierdie week gewys hoekom hulle bekendstaan vir trots, toewyding en daardie unieke Gimmie-guts! 💪
Dag een van die NWU-Prestige-sportreeks se semi-finale was ’n groot sukses vir Potchefstroom Gimnasium. Ons netbal-, tennis- en hokkiespanne het hul alles gegee en met toewyding en spanwerk op die veld en baan uitgeblink. Die blou het behoorlik geblink! 💙
Gimmies se skaakspanne het die kompetisie behoorlik oorheers en as wenners van die NWU Prestige Finaal weggestap – ’n prestasie om op trots te wees! 🏆♟️
Semi-finaal uitslae:
Seniors wen 4–1 teen Jeugland
Juniors wen 3–2 teen Pietersburg
Finaal uitslae:
Juniors wen 4,5–0,5 teen Die Anker
Seniors wen 4,5–0,5 teen Zwartkop
Baie geluk aan elke skaakspeler en afrigter, julle is regtig Gimmie-kampioene! 👏
Twee Gimmies, Tihard en Wihan Strydom, het ook uitstekend gevaar by die Noordwes-tweekampkampioenskappe. Tihard het 3de plek behaal in die sprint-kategorie en Wihan het 2de geëindig in die super-sprint-kategorie. Albei is gekies om Noordwes te verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Julie, ’n besondere prestasie! 💙
Met die finaal van die NWU-Prestige-sportreeks om die draai, roep Gimmies al hul ondersteuners op om in die blouste BLOU te kom wys wat ware Gimmie-gees is! Kom moedig die spanne aan – dis Gimmie-fees tyd! 🔵😁
Gimmies het uitstekend gevaar tydens die semi-finaal van die NWU-Prestige-sportreeks, en elke speler het uithouvermoë, passie en toewyding op die veld gewys. Ons is trots op hierdie spanne wat gewys het wat ware Gimmie-gees beteken! 💪💙
Dogtershokkie-uitslae:
o.14 A: Gimmies 5–0 Marais Viljoen
o.15 B: Gimmies 9–0 Potch Volkies
o.15 A: Gimmies 1–0 Montana
o.15 B: Gimmies 4–0 Bergsig
o.16 A: Gimmies 6–0 Heidelberg Volkies
2de span: Gimmies 3–0 Marais Viljoen
1ste span: Gimmies 1–0 Marais Viljoen
Seunshokkie-uitslae:
o.16 A: Gimmies 4–1 Montana
1ste span: Gimmies 5–0 Montana
Mienke Swart het Gimmies se naam internasionaal laat skyn by die International Little Model Earth-kompetisie. Sy het die prys gewen vir Best Evening Wear in die Teen-afdeling, en is ook as algehele wenner van die PreTeen-afdeling aangewys. Boonop is sy gekroon as Little Model Earth Grand Prix Winner Teen Beauty. Wat ’n ongelooflike prestasie, baie geluk, Mienke! 👑✨
Gimmies is ook trots op Kaylene du Plessis, een van hul begaafde skuts, wat gekies is vir die SANSSU-span wat later vanjaar in Engeland gaan deelneem. Sy het 14de in die land geëindig by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe – ’n uitsonderlike prestasie! 🎯🇿🇦
Verder het Hailey Nagel en Zoe-Jane Holding ook aan die proewe deelgeneem, en Gimmies is trots op hul deelname. Ons Gimmie-skuts het ook uitstekend gevaar tydens die tweede liga, en elkeen verdien erkenning vir hul toewyding en mikpuntvaste werk.
Gimmie-tennis was behoorlik aan die brand tydens die semi-finaal van die NWU-Prestige-sportreeks, waar ons spelers puik vertoon het:🎾 Juniors het met ’n allemintige 60–3 oorwinning teen Pietersburg Hoërskool geseëvier.🎾 Seniors het hul wedstryd teen Marais Viljoen met 39–24 gewen.Baie geluk aan al ons spelers – julle het met trots en toewyding gespeel! 👏👏💪



🏊♀️ Hoërskool Ferdinand Postma (Ferdies): Water sterre skitter
Ferdies se swemmers het puik gevaar by die SA’s School Championship Finals. Hier’s hul uitslae:
Cameron Calder: 1ste in 100m, 200m en 80m rugslag; 6de in 400m vryslag
Nieki Erasmus: 10de in 100m rugslag
Mia Putter: 5de in 80m borsslag, 8ste in 80m vlinderslag, 7de in 100m borsslag
Gité de Witt: 6de in 80m vlinderslag, 4de in 100m vlinderslag
Boogskiet by Ferdies het ook geskitter! Skuts het hul merk gemaak by Bergsig Akademie. Mik hoog, Ferdies! 🎯
Moenie Ferdies se Ope Dag op 19 & 21 Mei misloop nie. Bespreek jou plek: Klik hier 📍
Later in die week het die SETH-leerders ook 'n besoek afgelê aan die NWU Skool vir Beroeps higiëne, waar hulle prakties betrokke geraak het deur met spesiale instrumente die lood- en nikkel inhoud van verskeie voorwerpe te meet. Die ervaring was nie net interessant nie, maar ook uiters leersaam. 🧪

🎭🏑🎾 Volkies Vier Kultuur, Sport en Talent met Styl!
Volkies het hierdie week op talle fronte gewys waarom hulle met kultuurprestasies, sportoorwinnings en opkomende talent wat die nasionale verhoog betree.Hanno van Zyl, een van Volkies se talentvolste toneelspelers, het deurgedring na die volgende rondte van die Proscenium dramakompetisie. Hy gaan van 14 tot 17 Mei by die bekende Artscape Teater in Kaapstad optree. Baie geluk Hanno – Volkies is ongelooflik trots op jou! Sterkte vir die volgende rondte! 🎬
Volkies se hokkiespanne het aan die NWU-reeks semi-finale deelgeneem. Die seunspanne, asook die o.14 en o.16 dogters, het hul wedstryde gewen! Die eerste dogterspan het ongelukkig in 'n strafdoel-uitklophouer verloor na 'n gelykop uitslag. Sterkte aan almal vir die komende finale! 💪🏑
Volkies wens vir Miandi Vilas alles van die beste toe met haar deelname aan die Big 5 SA Open Gholf Toernooi by Magalies Park. Ons hou duim vas! ⛳
Volkies se skaakspan is vol fokus en is hard aan die oefen vir die Super 12 by Sol-Tech op 17 Mei. Elke skuif tel! 🔍♟️
Volkies se Kultuurweek het goeie gees en kreatiwiteit laat blom:
Dinsdag: Bordkryt tekenkompetisie – Samantha Esterhuizen wen! 🖍️
Woensdag: Radio Volkie het die pouselewe verryk met musiek, nuus en humor 🎶📻
Donderdag: Noot-vir-Noot met die graad 12-Ekonomie klas as wenner van musiekkennis én vinnige dinkwerk 💡
Vrydag: Fotokompetisie – Abigail Amos wen met ’n beeld van die hoofgebou. 📸🏫
Baie dankie aan elke leerder wat deelgeneem het. Julle het gewys wat Volkie-gees regtig beteken! 🙌
Volkie Tennis:
Senior span: Wen hul NWU-reeks semi-finaal teen Zwartkop 36–27 en speel later vir posisie 1 of 2.
Junior span: Wen teen Wagpos 40–23 en speel vir posisie 9 of 10.
Skyfskiet Liga 2:
Volkies se skyfskietleerders het die naweek goed gevaar tydens Liga 2 se rondte in Fochville, met verskeie mooi uitslae. Hierdie jong skuts wys reeds hul potensiaal, en ons wens hulle sterkte toe met die voorbereiding vir die komende rondtes. Volkies hou julle dop! 🎯
Fietsry: XCO-reeks – Wedren 4:
Die vierde wedren van die North West Cycling Union se XCO-reeks is by Thaba Trails in Gauteng gehou. Volkies het drie fietsryers gehad wat in verskillende afdelings deelgeneem het:
Jeug Mans: 🚴 Janco Stemmet het 5de in Noordwes geëindig en 15de algeheel.
Sub-Junior Mans: 🥈 Migael Jansen het ’n indrukwekkende 2de plek in Noordwes behaal en 16de algeheel.
Junior Mans: 🚴 Josef Botha kon ongelukkig nie die wedren voltooi nie weens meganiese probleme.
Baie geluk aan al ons fietsryers! Sterkte met die NW XCO-kampioenskappe wat op 10–11 Mei by Grootfontein in Pretoria plaasvind. 💪🚴♂️
SportStroom Episode 20:
In die nuutste aflewering van SportStroom (Episode 20), stel Drikus ons voor aan Yolindi Botes, ’n graad 10-leerder van Hoër Volkskool Potchefstroom, wat op 15-jarige ouderdom al behoorlik uitsonder in hokkie.Yolindi is onlangs gekies om aan die Elite Invitational Hockey Tour in die Nederlande deel te neem, ’n groot eer en bewys van haar passie, deursettingsvermoë en doelgerigtheid. 🇿🇦🏑Hierdie jong ster het groot drome en Volkies is ongelooflik trots op haar prestasies en potensiaal. Hou aan inspireer, Yolindi! 🌟

🎶 Tokkie Kultuur, Koor en Top Presteerders
Tokkies se juniorkoor het ywerig geoefen vir die ATKV-Applous Streeksfees wat op 7 Mei plaasvind. Hierdie jong sangers het gewys dat hulle reg is om harte te wen. Hou so aan, klein Tokkies! 🎤
Tokkies het die ritme behoorlik gevoel toe hul Senior Koor hul bewegings by hul liedjies gevoeg het. Die vertoning het behoorlik geprikkel, en ons was trots om te sien hoe ’n oud-Tokkie die voortou geneem het, op die drom! Die kultuurgees het sterk geleef by Tokkies. 🥁🎶
Intussen het Tokkies se skaakleerders hard geoefen ter voorbereiding vir hul Super 12-wedstryde wat op 17 Mei by Sol-Tech plaasvind. Elke skuif is met fokus en strategie beplan, dié span was duidelik gereed vir aksie. ♟️
Tokkies se rugby- en netbalspanne het Vrydag vertrek na Camp Discovery vir die Super 12 semi-finale en finale wat Saterdag plaasgevind het. Tokkies het bankvas agter hulle gestaan, en elke speler het met trots en toewyding deelgeneem. Tokkie Super 12 het sy hoogtepunt bereik toe die Rugby- en Netbal A-spanne deelgeneem het aan die semi-finale en finale van die reeks by Camp Discovery.
Die gees was besonders hoog en die spanpoging duidelik sigbaar. Elke speler, afrigter en ondersteuner het Tokkie met trots verteenwoordig, ons is ongelooflik trots op julle deursettingsvermoë en spanwerk op en langs die veld. 💪
Intussen het Tokkies ook op geestelike vlak sterk vertoon met ons deelname aan die Bybelvasvra. Ses toegewyde leerders het hard gewerk en met groot entoesiasme aan die voorbereidings deelgeneem. Elke byeenkoms was soos ’n geestelike breinkragoefening, ’n skatkis vol wysheid en nuwe insigte uit God se Woord. 📖🙏
Die passie en trots waarmee hierdie leerders dieper delf in die Bybel is aansteeklik. Vir hulle is die Super 12 en Nasionale deelname later vanjaar soveel meer as net ’n kompetisie – dis ’n avontuur van geloof, spanwerk en ontdekking. Julle maak ons ongelooflik trots! 🌟💪🏉🏐

🧪 Saints Christian School: Nuwe Tradisies en Presteerders
Saints het hul nuwe kwartaal afgeskop met ’n spesiale kapeldiens wat vol betekenis en vieringe was. 🎉
Tydens die oggend se diens is leerders vereer vir hul prestasies in sport en akademie. Die o/13-krieketspan en o/19-meisieskrieketspan het trofeë gelig om hul sukses in die eerste kwartaal te vier. 🏏
Die Top 5 akademiese presteerders is ook aangekondig, 'n duidelike bewys van harde werk en toewyding. 👏
Verder is Kefilwe Mokoele as nuwe prefek aangekondig, en Reatile Matlhare, hoofprefek van Saints, het die eer ontvang om die splinternuwe hoofleierbaadjie te dra, ’n nuwe tradisie wat nou amptelik afskop!
Hierdie baadjie sal voortaan deur huidige én toekomstige leiers gedra word. 💼Die diens het afgesluit met 'n lewendige lofprysing en inspirerende boodskap van Juf Jade, wat almal gelaat het met nuwe energie vir die kwartaal. 🙏🎶
🏫 Laerskool M.L. Fick: Leiers en Netbalvooruitsigte
Hier is hul nuwe Hoofleiers vir Kwartaal 2:
Etienne vd Berg
Nathan Grové
Chanell Weideman
Robyn Marais
Sterkte aan ons jong leiers! 💼
Ook sterkte aan die o/12 en o/13 netbalspelers wat aan die Dr Kenneth Kaunda-proewe deelneem. Julle het dit! 🏐

📚 PCS – Potchefstroom Central School
PCS het hul Top 10 leerders vir kwartaal 1 aangekondig. Dis duidelik dat harde werk en toewyding vrugte afwerp! 🌟📖👏 Sien meer hier:https://www.facebook.com/share/v/15MuoLLard/
Well done to all the learners in Grade 1A & 4C. That kind of consistency sets a great example for the rest of the school.


🏫 Laerskool Baillie Park: Akademiese én Sportsterre Skyn Helder
By Baillie Park is trots die orde van die dag, van netbalbane tot klaskamers!Baie geluk aan al ons o/12- en o/13-netbaldogters wat ná die eerste rondte proewe ingesluit is in die JB Marks-netbalspan! Ons wens julle sterkte toe vir die tweede rondte proewe vir die Dr Kenneth Kaunda-span. Hou die fokus, ons glo in julle elke tree van die pad! 🌟
Ons vier met trots ons Top 20 akademiese presteerders van Graad 4 tot Graad 7 vir die eerste kwartaal van 2025. Dié leerders het bewys dat harde werk en toewyding lei tot uitnemendheid.


Potchefstroom High School for Boys Tradisies
In ooreenstemming met ’n kosbare tradisie is ons matrieks van 2025 met trots vereer met hul matriektoue. 🎓👔Meer as net ’n deel van die skooldrag, simboliseer elke tou groei, eenheid en broederskap, ’n gedeelde band wat oor generasies van leerders strek.Hier’s aan die Klas van 2025: wat leiding aanvaar, nalatenskap eer en die gees van verbondenheid voortdra.
🏉 Rugby Uitslae – 12 April 2025
Potchefstroom High School for Boys vs Hoërskool Zeerust
O/14: Potch Boys 10 – 5 Zeerust ✅
O/15: Potch Boys 0 – 38 Zeerust ❌
O/16: Potch Boys 17 – 27 Zeerust ❌
1ste Span: Potch Boys 35 – 36 Zeerust ❌ (Baie naelskraap!)
’n Wisselvallige dag vir Potch Boys, met ’n stewige oorwinning vir die o/14’s en ’n klipharde stryd deur die 1ste span wat net-net gekort het.
⚽ Sokkeruitslag – 12 April 2025
O/19: Potch Boys 1 – 3 Hoërskool Zeerust ❌
Ten spyte van 'n groot poging het Zeerust met die oorwinning weggestap in die sokkerwedstryd.
Baie geluk aan al ons spanne wat goeie sportmangees, deursettingsvermoë en trots op die veld getoon het.
🏫 Potchefstroom Academy
Onthou die Ope Dag op 10 Mei, kom kyk self hoekom hierdie akademie ’n toekoms bouer is! Bespreek via WhatsApp by 072 880 4147 of e-pos info@potchacademy.co.za 🎓

Potchefstroom Akademie se Fotografiestudente het onlangs hul vaardighede in wild en landskapsfotografie toegepas tydens ons jaarlikse toer na horsebackafrica 🐴🦁Oor die verloop van drie dae het studente verskeie praktiese opdragte voltooi en deelgeneem aan interessante opleidingsessies oor wildbewaring en natuuredukasie.
Met pragtige weer en ’n inspirerende omgewing was dit ’n toer om te onthou. Ons kan nie wag om binnekort hul asemrowende foto’s met julle te deel nie! 📷🌄’n Opregte dankie aan Horseback Africa vir julle ongelooflike gasvryheid en samewerking. 🙏


🎉 NWU: Grads en Guinness-rekords
Die NWU PGCE-gegradueerdes het hul roeping gevolg, baie geluk! 🧑🏫
En dan het 272 NWU-studente en personeel onlangs Rocking the Vaal bygewoon, met ’n 3km kebab én 2 334kg pap in die Guinness-rekordboek. Mooi so! 🎶🔥
📍 Merk die datums aan & registreer vandag:
🔹 10 Mei – Mahikeng Kampus → Registreer hier
🔹 17 Mei – Potchefstroom Kampus → Registreer hier
🔹 24 Mei – Vanderbijlpark Kampus → Registreer hier
Kom verken jou toekoms!Jy sal die geleentheid hê om:
✅ Jou droomkursus te ontdek
✅ Toekomstige dosente te ontmoet
✅ Studentelewe te ervaar
✅ NWU van naderby te beleef
Vrydag het die NWU Alumni-verhoudinge kantoor, in samewerking met die Fakulteite Ekonomiese en Bestuurswetenskappe en Geesteswetenskappe, met trots die jaarlikse Alumni & Vriende Besigheidsontbyt aangebied.
Die oggend was gevul met insiggewende gesprekke, betekenisvolle netwerkgeleenthede, en ’n ware viering van lewenslange verbintenisse. Alumni, bedryfsleiers, en vriende van die universiteit het saamgekom, ’n bevestiging van die krag en impak van die NWU-gemeenskap. 🌍
Geleenthede soos dié herinner ons aan die waarde daarvan om gekoppel te bly, en die belangrike rol wat ons alumni steeds speel in die vorming van die samelewing.

Hou aan leer, leef en lei – Potchefstroom se skole maak elke week ’n verskil. 📝📣
🎓 🎓 🎓 🎓 🎓 🎓 🎓 🎓 🎓 🎓
#PotchSkole #PlaaslikeNuus #SkoleTrots #PotchGazette #TheGoToGuy #StroomStories #Potchefstroom #Sportstroom