Op Saterdag, 25 Mei, het die beste van die beste netbalspanne in Noordwes op Volkies se bane meegeding. Dit was 'n dag vol opwinding en intense wedstryde, waar talentvolle spanne hul beste gegee het om bo uit te kom.
Baie Geluk aan ons o.15A-span
Volkies wil 'n spesiale gelukwensing uitstuur aan ons o.15A-span wat 'n skitterende vierde plek in Noordwes behaal het! Hierdie prestasie is 'n bewys van hul harde werk, toewyding en spanwerk. Julle het ons almal baie trots gemaak.
Die kompetisie het getoon hoeveel talent en deursettingsvermoë in die spanne is. Die gemeenskap is ongelooflik trots op al die spelers wat hul harte uitgespeel het op die bane. Hierdie prestasies motiveer hulle om voort te gaan en nog hoër hoogtes te bereik.










.jpeg)
