Die Teetuin Skaap Kop Braai bring ‘n feesmaal vir almal wat hou van tradisionele kos en ‘n lekker kuieratmosfeer.
Wat is op die spyskaart?
Daar is twee opsies op die dag:
Skaap Kop Braai teen R250 per persoon, bedien met bykosse pap of rys en sous.
Bees Pot teen R80 per persoon, ook bedien met bykosse pap of rys.
Vir dié wat nie lus is vir ‘n kroegrekening nie – bring jou eie koelboks teen R100 per koelboks.
Waar en wanneer?
Die fees gaan plaasvind by 4 Cita Crescent, Orkney, en dinge skop af vanaf 17:00 tot laat. Maak seker jy bring jou lekker geselskap saam, want dit gaan ‘n jol wees.
Musiek en vermaak
Wat is ‘n lekker braai sonder goeie musiek? Riandré Boere Orkes gaan sorg vir ‘n feestelike atmosfeer en ‘n regte egte Suid-Afrikaanse kuiergevoel.
Bespreek jou plek
Vir bespreking of meer inligting, kontak Japie by 064 821 6260.
Maak seker jy mis nie hierdie kans om goeie kos, musiek en geselskap te geniet nie. Kry jou kaartjie en kom kuier saam!









.jpeg)
