Op 5 April 2025 gaan dinge behoorlik aan die gang wees by De Leeukuil in Potchefstroom, waar musiek, rugby en braaivleis saamkom vir ‘n lekker dag uit. Met Johan Loot wat die verhoog oorneem, is daar iets vir almal – van die jongspan op die springkasteel tot die grootmense in die biertuin.
Rugby en vermaak op sy beste
Die Phillip Van Rensburg & Mervyn Taylor Rugby Toernooi vind plaas op dié dag en bied twee wedstryde om nie mis te loop nie:
Potch 2 vs NWU MAH om 12:30 by die Potch dorp veld
Potch 1 vs Northam Wolves om 15:10 by Olën Park
Dis ‘n kans om ‘n paar ordentlike skrumme en line-outs van nader te sien, sommer met ‘n koue bier in die hand.
Musiek met Johan Loots
Tussen die rugby en die braaivleis gaan Johan Loots sorg dat die musiek lekker leef. Hy is bekend vir sy stem en ‘n manier om ‘n crowd aan die sing te kry sonder veel drama. Geen duur tickets of ingewikkelde toegang nie – alles is gratis.
Wat’s nog aan die gang?
Behalwe vir die musiek en sport, is daar ook:
Springkasteel vir die kids
Lekker kos stalletjies met alles van worsrolle tot vetkoek
‘n Biertuin vir die grootmense wat bietjie wil sit en kuier
Braai vleis vure wat aangesteek word ná die games – bring jou eie vleisie of koop iets daar
Dis nie ‘n formele affêre nie, so gooi iets gemaklik aan en vat die familie saam.
Praktiese goed
📍 Venue: 1 Piet Bosman Straat, Potchefstroom
📅 Datum: 5 April 2025
🎟️ Toegang: Gratis
📞 Kontak: 079 806 6759
🌐 Facebook: De Leeukuil Facebook Profiel
De Leeukuil sê dit self: “Where the Pride Meets.” En op 5 April gaan daai pride bietjie hard loop.









.jpeg)
