Op 18 Januarie 2025 kry Potchefstroom 'n groot "health boost" met die Neem die Gesin Terug na Eden gesondheid-konferensie. Hierdie byeenkoms is vir elke ouer, kind, en curious buurvrou wat op soek is na ‘n praktiese, down-to-earth benadering tot gesondheid, en hoe om gesonde keuses in jou huis toe te pas. Die dag beloof om informatief te wees – met hope lag en bietjie inspirasie vir die nuwe jaar.
Wat kan jy verwag?
Die konvensie dek 'n hele paar belangrike temas wat gesinne in Suid-Afrika daagliks raak.
Gewigsverlies: Die Waarheid
Ons almal weet die struggle is real. Hier kry jy insig in die sielkunde agter gewigsverlies en hoe jou liggaam regtig werk. Praktiese raad wat die dieetmites eens en vir altyd uit die water slaan.
Liggaamsbeeld: Help jou Dogter
Vir mammas met dogters (of enige meisiekind in jou lewe) is hierdie een 'n game-changer. Leer hoe om hulle te help om hulleself met selfvertroue en die regte lens te sien.
Gesondheid in die Huis
Hoe om jou hele gesin op die pad van gesondheid te kry in 2025. Want kom ons wees eerlik, ‘n gesonde huis begin by klein aanpassings wat almal kan maak.
Tuisgemaakte Kos en Skoonmaakmiddels
Dink jy “clean eating” is duur? Nie hier nie! Leer hoe om gesonde kos te maak sonder om die bank te breek en hoe om jou huis chemikaal-vry te kry met selfgemaakte skoonmaakmiddels.
DIY: Begin jou eie Groentetuin
Moeg vir duur groente? Kom leer hoe om jou eie vars produkte in jou agterplaas te kweek. Dit is makliker as wat jy dink – en dis lekker!
Spesiale Gaste
Die dag sluit twee incredible sprekers in:
Karen Zaayman (Apteker): Sy gee nie net mediese raad nie, maar ook praktiese raad uit haar eie ervaring.
Sr Nadine Hill (Vroedvrou): Nadine is bekend vir haar passie om families te inspireer met gesondheid en natuurlike oplossings.
Stalletjies en Goedjies
Behalwe die praatjies, is daar hope om te ontdek. Uitstallers sal organiese groente en vrugte hê, essensiële olies, bokmelkprodukte, neute, en selfs droogvrugte. Dit is die ideale plek om iets nuut te probeer en jou gesin op te dateer na die gesonde lewe.
Details wat jy moet weet
Datum: 18 Januarie 2025
Tyd: 08:30 – 13:00
Plek: Makojalo, Potchefstroom
Koste:
R250 per persoon
R450 Ma-en-Dogter-kombo
Kaartjies: Beskikbaar by Quicket.
Waarom Jy Daar Moet Wees
Hierdie is nie net nog ‘n “health expo” nie. Dis prakties, familie-georiënteerd en vol hope raad wat jy in die regte lewe kan gebruik. Of jy nou gesondheid ernstig opneem, of net ‘n paar idees wil steel vir jou eie huis, hierdie dag is beslis ‘n moet.
Maak jou dagboek oop en bespreek sommer dadelik jou plek!
