Potchefstroom se gholf-entoesiaste moet hulle kalenders merk—die NHK Grimbeekpark hou ‘n spoggerige golfdag op 25 April 2025 by die Potchefstroom Buite Klub. Met ‘n lekker atmosfeer, top pryse en ‘n heerlike platter, beloof hierdie dag om nie net ‘n sportiewe uitdaging te wees nie, maar ook ‘n sosiale hoogtepunt.
Die Formaat: Wat om te verwag
Hierdie jaar speel almal in ‘n Better Ball Scramble Drive formaat, met twee tellings op Par 4’s. Dit beteken strategiese spel en ‘n bietjie spanwerk gaan nodig wees. Maar moenie stres nie—so lank jy jou swing regkry en ‘n paar goeie shots slaan, behoort jy darem nie laaste te eindig nie!
Inskrywingskoste
Die koste per span van vier spelers beloop R2 500, en dit sluit nie net die spel in nie, maar ook ‘n fantastiese atmosfeer, goeie pryse en natuurlik daardie lekker platter na afloop van die dag.
Program vir die Dag
Soos altyd begin dinge vroeg en eindig met ‘n lekker prysuitdeling:
09:00 – Registrasie en ontvangs
10:10 – Opening en reëls by die klubhuis
10:15 – Spelers beweeg na hulle eerste teeboks
10:30 – Shotgun begin
17:30 – Prysuitdeling
Bespreek Jou Plek
Vir diegene wat ‘n golfkar wil huur, is dit beskikbaar teen ‘n ekstra koste by die Pro Shop. Besprekings kan gemaak word by 018 297 7875.
Om ‘n span van vier te bespreek, kontak een van die volgende persone:
📞 Michael Muller – 082 853 8423
📞 Bennie Viljoen – 082 804 9769
📞 Dirk Stear – 082 338 2943
Die NHK Grimbeekpark Golfdag is ‘n uitstekende manier om jou gholfvaardighede te toets, lekker saam met mede-gholfers te kuier en miskien selfs met ‘n paar pryse huis toe te gaan. Kom geniet die dag saam met ons!
