Potchefstroom berei voor vir 'n petrolkop-fees van formaat!
Op 1 Mei 2025 gaan Potchefstroom se strate dreun met die klanke van ou veteraanmotors, spiermotors en unieke voertuie wanneer die Noordwes Motorskou sy deure oopmaak vir motorliefhebbers van reg oor die land. Hierdie jaar beloof om groter en beter te wees as ooit tevore met ‘n vol program van vermaak, kos en natuurlik—‘n paar spoggerige wiele!

Wat kan jy verwag?
Of jy nou ‘n petrolkop is wat jou enjin graag bietjie wil rev, of net iemand wat hou van blink staal en nostalgiese vibes, hierdie motorskou het iets vir almal. Daar is ‘n verskeidenheid motors om te bewonder: van spiermotors tot klassieke veteraanmotors en ‘n paar hot rods wat beslis koppe sal laat draai. En ja, as jy ‘n spogkar het, kan jy dit nog inskryf – alle motors word beoordeel en daar is pryse te wen!
Vermaak en Aktiwiteite
Die program is propvol aksie, met musiek, ‘n honde-vertoning en ‘n antieke veiling wat beslis ‘n moet-sien is. Hier is ‘n kykie na wat die dag vir besoekers inhou:
07:00 - 08:00: Agtergrondmusiek om die atmosfeer te skep.
08:00 - 09:15: Blouklip met Marius Annandale.
09:15 - 09:30: Opening en verwelkoming deur Ds. Willem Kok.
09:30: Antieke veiling in die kerksaal – bring jou beursie en kom score ‘n bargain!
09:30 - 10:30: Optrede deur Braam Kramer.
10:30 - 11:30: Canine Focus SA bring ‘n spesiale hondevertoning vir die diereliefhebbers.
11:30 - 11:45: Klanktoets vir die hoofkunstenaar.
11:45 - 13:00: Optrede deur Ruhan du Toit.
13:00: Blouklip met Marius Annandale keer terug vir nog ‘n sessie.
14:00: Prysuitdeling deur Ds. Willem Kok.

Kos en Verfrissings
Kom honger, want die kosstalletjies bied iets vir almal! Daar gaan wees pannekoek, vetkoek, ribburgers, boereworsrolle, hamburgers, aartappel op ‘n stokkie, en selfs ‘n koektafel vir die soettand. Vir die braailiefhebbers is daar ook vars vleis beskikbaar.
Goeie nuus: kaarte en kontant word aanvaar, en ‘n nuwe stelsel gaan verseker dat lang rye by die kosstalletjies iets van die verlede is.
Antieke Veiling – Bring jou Spaarvarkie!
Vir diegene wat ‘n oog het vir vintage skatte, gaan die Antieke Veiling beslis ‘n hoogtepunt wees. Dit skop af om 09:30 in die kerksaal, en jy kan enigiets van ou meubels en versamelstukke tot klassieke kunswerke en unieke items verwag. Kontak Danie (074 165 7806) of Piet (076 326 0936) indien jy iets wil inskryf vir die veiling.

Waar en Hoeveel?
Datum:Donderdag 1 Mei 2025
Plek: Kerkplein, Potchefstroom
Tyd: Deure maak vroeg oop – kom vroeg vir die beste ervaring!
Toegang: R60 per volwassene, R30 per kind
Kaartjies: Beskikbaar by die ingang
Kom wys jou wiele!
Daar is nog plek vir inskrywings, so as jy ‘n kar het wat ‘n paar mense se asems gaan wegslaan, skryf dit in! Alle motors word beoordeel, en daar is pryse op die spel. Volg hierdie skakel om jou motor in te skryf: Surveyheart
Soos hulle sê, petrol loop dik in die are van ‘n ware motorliefhebber – moenie hierdie dag misloop nie!








.jpeg)
