Nou ja, dit is al byna ‘n week vandat Donald J. Trump as die 47ste Amerikaanse President verkies is en dié feit het baie gemengde gevoelens wêreldwyd ontlok. In my opinie, is ek báie verlig oor hoe die verkiesing uitgedraai het. Ek bly gewoonlik so ver moontlik van politiek af, maar toe die resultate in is, kon ek nie anders as om 'n sug van verligting te gee. Laat my toe om my standpunt te deel.

Die oploop na die verkiesing
Elke vier jaar is die Amerikaanse verkiesing ‘n internasionale affêre en hierdie jaar was sekerlik een van dié verkiesings wat die meeste blootstelling en mediadekking gekry het, veral nadat Kamala Harris by voormalige president, Joe Biden, oorgeneem het. Dit is ook een van die faktore wat bygedra het tot ‘n verandering in kiesers se stemme. Daar was ook 'n paar bekendes wat hul steun aan spesifieke partye publiek gemaak het, maar dié feit het nie juis 'n impak op kiesers se stem gehad nie. Hierdie twee kandidate was konstant in die kolling, maar Chase Oliver en Jill Stein het ook hul stemme laat hoor tydens húl rallies. ‘n Vyfde kandidaat, Robert F. Kennedy Jr. was aan die stuur van die Onafhanklike Party, maar het op die ou end die aftog geblaas.
Tot en met Augustus/September was die “Blue Wall States” (Michigan, Wisconsin en Pennsylvania) all for Kamala Harris en die Demokratiese Party. Net so bietjie agtergrond oor dié state. Vanaf 1992 tot 2012 het die party waarvoor dié drie state gestem het, altyd gewen. Die “blue wall” is ‘n term wat deur politieke kenners gebruik word om te verwys na die 18 Amerikaanse state en die Distrik van Columbia wat die Demokratiese Party in elke presidensiële verkiesing gewen het. Ná die verkiesing en die stemme getel is, het al drie hierdie state vir Trump en die Republikeinse Party gestem.
Byeenkomste
Die afgelope jaar het die verskillende partye en hul betrokke spanne geswoeg en gesweet om hul veldtogte op te stel - almal met een doel voor oë. Dit was nie tot en met 2024 wat hierdie veldtogte in alle erns toegeneem het en kandidate het regoor Amerika gereis om met skare te praat, gehore toegespreek en besoekers aan byeenkomste oortuig hoekom hul die regte kandidaat is vir die land. Donald Trump het by McDonald’s gaan werk en selfs ‘n vullistrok gery tydens sy veldtog. En wie kan die twee slypmoord pogings vergeet?
In ‘n video by een van Kamala Harris se rallies, het persone in die skare geskree “Jesus is Lord” en “Jesus loves you” waarop Kamala reageer het “I think you’re at the wrong rally”. En dalk het sy, net daar, stemme verloor. Dit het haar ware kleure gewys en dalk ‘n bitter smaak in kiesers se monde gelaat. In ‘n ander sosiale media video het Harris gewaagde danse saam met ander dansers opgevoer tydens ‘n byeenkoms, terwyl Leonard Cohen se ‘Hallelujah’ by een van Trump se byeenkomste gespeel het en die skare het saamgesing, en ge-praise and worship terwyl Trump rustig na hulle gestaan en kyk het. Twee radikaal verskillende aanslagte en aksies.
Tydens televisie onderhoude en ander byeenkomste, het Harris ook baie maal haar aksent heeltemal verander. Die een oomblik het sy normaal gepraat, die volgende oomblik het sy met ‘n Jamaikaanse aksent met die aanbieder gesels. ‘n Ander geval is waar sy sommer ‘n Boston aksent uitgehaal het om skare toe te spreek. Hierdie optrede het ‘n paar wenkbroue gelig… Trump aan die ander kant, is net wie hy is. If ‘what you see is what you get’ was a person. Hy probeer nie enigiemand anders wees om guns by die skare te wen nie - you either love him or you don’t.

Waarvoor hulle staan
Vandat hy as President aangekondig is (nie ingehuldig nie), het daar alreeds baie skuiwe in die wêreld plaasgevind, onderandere Vladimir Putin het in ‘n verklaring gesê dat hy gereed is om met Donald Trump te praat en Meksiko het hul grens sekuriteit verbeter, aangesien Trump aangekondig het dat enige produkte wat vanaf Meksiko in die VSA in kom, met 25% sal styg. Hierdie is slegs twee van baie gevalle; dit staan klaarblyklik as die ‘Trump Effect’ bekend.
Kamala Harris het ‘n ondersteunende aanslag gekies in terme van aborsies en is, heel moontlik, ‘n voorstaander van inklusiwiteit (en dalk Wokeism?). Trump het reguit genoem dat sy administrasie sal sorg dat onderwysers geen minderjarige aanpor met die gedagte dat hulle dalk ‘as die verkeerde geslag’ gebore is. Verder het hy genoem dat daar geen mans in vrouesport sal deelneem nie en dat puberty blockers nie voorgeskryf sal word aan kinders nie. In ‘n ander verklaring het Trump genoem dat hulle pro-familie is. “We want more babies”, het hy genoem en verduidelik dat die regering en/of mediesefondse alle koste wat assosieer word en gepaard gaan met IVF behandeling, betaal sal word deur dié instansies.
Gaan kyk gerus na wat hul beloof het tydens hul veldtogte hiér:

Ek het slegs aan ‘n paar punte geraak wat uitgestaan het tydens vanjaar se verkiesing, daar is hordes onderhoude, sosiale media videos en clips oor hierdie kandidate se veldtogte - en ek is mal daaroor om dit te kyk! Ek sien uit om Amerika dop te hou wanneer Trump eers ingehuldig is. Soos in die begin genoem, in my opinie is dit die beste ding wat met Amerika kon gebeur en tot ‘n mate met die wêreld.








.jpeg)
