Kinders word uitgenooi deur An-éne ontwikkelingsentrum en naskool, om vir 'n dag weg te breek uit die stad en die plaaslewe te ervaar. Hierdie uitstappie vind plaas op 7 April 2025, van 09:00 tot 14:00.
Wat om te verwag
Vir net R100 per kind, wat 'n hotdog insluit, kan kinders kom speel, diere ontmoet en lekker buite wees. Dit is 'n gulde geleentheid vir kinders om te sien waar melk, eiers en wol regtig vandaan kom – en dit is nie van Woolies af nie!
Wat om saam te bring
Om die dag gemaklik te maak, word ouers gevra om die volgende vir hul kinders in te pak:
'n Rugsakkie vir hul persoonlike goed
'n Koeldrank of bottel water
Skoene wat maklik is om mee te stap (moenie daardie splinternuwe tekkies vat nie, plaasgrond is nie vriende met wit skoene nie!)
Ekstra stel klere (verkieslik ou klere, want modder en kinders is onafskeidbaar!)
Waar en hoe om te bespreek
Die uitstappie vind plaas op 'n plaas in die omgewing van Parys, Vrystaat. Ouers wat hul kinders se plekkie wil bespreek, moet Nelmari kontak by 081-821-6184. Dit is belangrik om betyds te bespreek, want plekke is beperk.

Vakansiesorg vir kinders 3 – 10 jaar
Benewens die plaasuitstappie, word daar ook vakansiesorg aangebied, deur An-éne ontwikkelingsentrum en naskool,
vir kinders tussen 3 en 10 jaar oud. Die vakansieprogram vind plaas van 25 – 28 Maart en is oop van 07:30 tot 17:00.
Die koste vir hierdie pakket is R400 per kind en sluit aktiwiteite in. Ouers wat belangstel om hul kinders te laat deelneem, kan ook Nelmari kontak by 081-821-6184 vir meer besonderhede en besprekings.
Waarom hierdie geleenthede nie misgeloop moet word nie
In 'n wêreld waar kinders al hoe minder in die natuur speel, is hierdie uitstappie en vakansiesorg die perfekte manier om hulle 'n eg Suid-Afrikaanse ervarings te gee. Dit is 'n kans om diere van nader te sien, die vars lug in te asem en sommer net 'n bietjie pret te hê.
Vir meer inligting en besprekings, kontak Nelmari direk.
Kom geniet 'n dag vol plaaspret en 'n vakansie propvol aktiwiteite – geen WiFi nodig nie!









.jpeg)
