Potchefstroom – Volgende naweek is dit weer daai tyd van die maand waar die ou Snowflake-gebou in 2 Kockstraat behoorlik lewe kry.
Die gewilde Snowflake Mark hou weer mark op Vrydag 4 April van 16:30 tot laat en Saterdag 5 April van 9:00 tot 13:30 – en hierdie een val sommer lekker in die vakansie. So, vir die wat nie see toe kon gaan nie – dis julle kans vir bietjie local vakansie vibes reg hier in Potch.

Vrydagaand: Musiek, kos en kuier
Vrydagaand bring weer daai bekende kombinasie van live musiek, kosstalletjies en 'n kuier vibe wat mens nie sommer by ander markte kry nie.
Saterdag: Kinders word besig gehou, ouers kan asemhaal
Saterdagoggend is dit gratis toegang, maar die kinders gaan nie verniet besig gehou word nie. Daar’s ‘n hele program spesiaal vir die kleinspan – van speletjies, crafts tot motoriese aktiwiteite in die groot saal.
Vir R50 vir 60 minute hou die span van Huis DuVêr jou kinders besig, sodat jy kan koffie drink, stalletjies browse en bietjie asemhaal. Dis ‘n win-win.

So, as jy in Potch is volgende naweek en nie wil sit en Netflix binge nie – kom maak ‘n draai. Jy’s welkom om jou kind vir ‘n uur of twee in die groot saal af te laai. Almal wen.