Saterdag, 5 April, kan Potchefstroomers die pad vat Snowflake Mark toe. The Flowery gaan daar wees met 'n stalletjie wat nie net mooi lyk nie, maar jou ook laat voel jy’s op ‘n plaas tussen blomme, net sonder die modder en trekkers.
Tussen 09:00 en 13:30 kan jy jou eie blomruiker bou soos jy wil – geen streng reëls of moeilike bloemiste wat vir jou sê wat werk en wat nie. Jy kry:
3 x focal flowers (dis die groot mooi eene)
4 x filler flowers (vir daai bietjie ekstra flair)
2 x greens (want jy’t altyd ’n bietjie blare nodig)
Dis amper soos legkaart bou, net baie kleurvoller en jy kan dit saam huis toe vat.
Nie lus om self te rangskik nie? No worries
As DIY nie jou ding is nie, het hulle ook bekostigbare klaar-gemaakte ruikers beskikbaar. So jy kan nog steeds iemand beïndruk – of jouself bederf – sonder om jouself in blomgom toe te wikkel.
Wie is The Flowery?
The Flowery is ’n klein plaas net buite Potch wat hulle eie snyblomme kweek. Geen ingevoerde blommetjies hier nie – dis plaaslik, vars en vol gees. Hulle sê self dis vir enige iets: huis ophelder, ’n spesiale dag, of net omdat jy lus is vir iets mooi op die kombuistafel.
Mark info – Waar en Wanneer?
📅 Datum: 5 April 2025
🕘 Tyd: 09:00 – 13:30
📍 Plek: Snowflake Venue - 2 Kockstraat, Central, Potchefstroom
🎟️ Toegang: Geen kaartjies vooraf nodig nie – koop net by die stalletjie
En as jy vroeg opdaag, kan jy ook by die res van die Snowflake Mark gaan rondsnuffel. Daar's kos, handgemaakte goed, live music, en kinders se vermaak ook. Dis letterlik iets vir almal.
Kontak en Sosiale Media
📱 WhatsApp / Foon: 064-683-6069
🌐 Facebook: The Flowery
Bring ’n vriendin, jou ma, jou kind of sommer jouself – en kom speel met blomme. Dis nie elke dag dat jy in Potch ’n ruiker kan bou wat nie soos ’n graftooi lyk nie.









.jpeg)
