🍗🍻 🍗🍻 🍗🍻 🍗🍻 🍗🍻
Op 27 Maart 2025 is dit tyd om die rooster uit te haal en die kole aan te steek! Kom Bring en Braai saam met Blackie by Off Road in Parys – ‘n dag vol goeie geselskap, lekker kos en ‘n atmosfeer wat net ‘n egte Suid-Afrikaanse braai kan bring. Ingang is net R50 per persoon.
Waaroor dit Gaan?
Hier is geen fancy restaurant vibes nie – hier gaan dit oor eie vleis, eie vuur en eie styl! Bring jou gunsteling vleis, kry ‘n lekker vuur aan die gang en geniet ‘n kuier saam met mense wat net soos jy van ‘n goeie braai hou.Of jy nou ‘n tjoppie-man, wors-koning of steak-sjef is, hier is plek vir almal. En natuurlik, wat is ‘n braai sonder ‘n bietjie musiek en geselskap?
Wanneer en Waar
📅 Datum: 27 Maart 2025
📍 Plek: Off Road, Parys, Suid-Afrika
💰 Ingang: R50 per persoon
Pak daai vleis, bring jou kampstoel en kom braai saam met Blackie. Dit gaan ‘n dag wees van lekker eet en kuier soos net ons Suid-Afrikaners dit kan doen!

🍗🍻 🍗🍻 🍗🍻 🍗🍻 🍗🍻








.jpeg)
