Wanneer ‘n gesin deur ‘n helse stryd moet gaan, is dit die mense om hulle wat ‘n verskil kan maak. Dit is presies wat nou gebeur met Vincent de Bruyn en sy gesin. Hulle wêreld is op sy kop gekeer sedert hy met PRAME-positiewe melanoom gediagnoseer is – ‘n skaars en aggressiewe kanker wat drastiese en duur behandeling vereis. Die mediese kostes is astronomies en hoewel sy mediese fonds 'n gedeelte dek, moet die gesin steeds ‘n groot deel self insamel. En hier kom ons as gemeenskap in!
Lootjies vir ‘n Verskil
Twee vriende het besluit om die De Bruyns te help deur ‘n fondsinsameling te hou, en Revivified Beauty het ingespring met ‘n paar lekker pryse. Teen slegs R50 per lootjie kan jy nie net ‘n verskil maak nie, maar dalk ook ‘n bederfsessie vir jouself wen.

Wat kan jy wen?
As jy ‘n lootjie koop, staan jy ‘n kans om een van die volgende pryse te wen:
One-on-one makeup session
Laser lipo session
Full body massage
Behandeling ter waarde van R1 500
‘n Manikuur en pedikuur
Wenkbrou- en wimperbehandeling
Nie sleg vir vyftig rand nie, né?
Hoe koop ek ‘n kaartjie?
Maklik! Daar is geen beperking op hoeveel kaartjies jy kan koop nie. Betaal jou bedrag in Vincent se kankerfondsrekening in en stuur net jou bewys van betaling aan Cindy of Rene.
Bankbesonderhede:
FNB - V de Bruyn
Rekeningnommer: 63037208047
Verwysing: Raffle + Jou Naam
Kontak Cindy (082 759 2284) of Rene (076 111 6015) vir enige vrae of om jou kaartjies te kry.
Wie is Vincent?
Vincent is ‘n pa, man en vegter. Sy stryd teen kanker het in November 2022 begin, kort ná die geboorte van sy seun. Sedertdien het hy verskeie operasies, bestraling, terapie en breinoperasies moes ondergaan. Alhoewel die mediese span alles in hul vermoë doen, is dit Vincent se liefde vir sy gesin wat hom dryf om aan te hou veg.
Hoe help jy?
Elke kaartjie wat verkoop word, bring hom ‘n stap nader aan behandeling. Dit is ‘n eenvoudige manier om ‘n groot verskil te maak. En onthou – pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie, maar die waarde wat jy bring deur jou ondersteuning, is onmeetbaar.
Dankie aan almal!
Die De Bruyn-gesin waardeer elke bietjie hulp, en ‘n spesiale dankie gaan aan Revivified Beauty vir die borg van hierdie pryse.
Saam is ons sterker – en saam kan ons ‘n verskil maak!
“Cancer is tough, but so are you.”