top of page

Momentum Aardklop - Belofte van vere

Music Festival

General Info:

Website:

Facebook:

Ticket Site:

Telephone:

E-Mail:

Town:

Date/s:

Share this:

087-527-0023

Potchefstroom

Oct 2, 2026

Event Info:

Venue:

Ticket Pricing:

11 Hoffman St, Potchefstroom, 2531, South Africa

Hartsvriende - R210.00, Aanlyn- R230.00, By die deur R250.00

Description:

Terug op publieke aanvraag bring Momentum Aardklop bring hulde aan die geliefde Breyten Breytenbach in ’n spesiale program met opnames van sy eie voorlesings, ’n keur van sy gewilde gedigte, sowel as besondere toonsettings (hetsy nuut of nuwe verwerkings). Ook aan die woord, by wyse van spreke, is sy dogter, Daphnée Breytenbach, in gesprek met haar beroemde pa. Daphnée se voorlesing vroeër vanjaar by die huldigingsbyeenkoms in Wellington oor haar pa se dood was ontroerend en gepas: “Parys was daardie oggend in ’n ondeursigtige witheid gehul. Ek het vroeg wakker geword en aan hom gedink – my vader van ’n duisend gesigte. Ek het deur ou fotoalbums geblaai terwyl my seuns, Bokkie en Jannie, om my gespeel het. Skielik het ek die balkondeur hard hoor toeklap. Onseker oor wat gebeur, het ek buitentoe gehardloop. Daar, op die balkonreling, het ’n majestueuse neushoringvoël gesit; ’n voël met ’n rooi snawel, dieselfde fluweelrooi as die mynwerkerskoene wat Breyten amper nooit uitgetrek het nie. ’n Voël uit Suid-Afrika, op die vooraand van die winter, in die hart van Parys… Die voël sê vir my: ‘Moenie bang wees nie, klim op my rug. Ek neem jou op reis.’ ” Kom saam op reis met uitstaande kunstenaars om Breyten op sy beste te beleef, die allemansdigter wat tot die menigte kon spreek in gedigte soos “Allerliefste, ek stuur vir jou ’n rooiborsduif, “Mag die bome groen bly” en “Slaap klein beminde”. Belofte van vere is ’n intieme blik op die verhouding tussen ’n pa en dogter, te midde van al die verwikkeldheid rondom sy wêreldwye roem, berugtheid, aktivisme en taaldebatte.

Met: Rolanda Marais en Eben Genis (stemkuns), Ilse Klink (sang), Concord Nkabinde (baskitaar), David Klassen (tromme), Leon Gropp (kitaar en sang) en Laurinda Hofmeyr (klawers en sang)
Teks: Breyten Breytenbach en Daphnée Breytenbach
Teksverwerking: Saamgestel en aangepas vir die verhoog: Anna Davel
Artistieke regisseur: Anna Davel
Spelleiding: Philip Rademeyer
Musiekregie: Laurinda Hofmeyr

Our Socials

  • Twitter
  • Youtube
  • Instagram
  • Facebook
  • TikTok

Rights Reserved - The Go-To Guy © ™ (Pty) Ltd 2018 - 2026

Site design and built by Digital Guy

Trademarks Registered CIPC 

Download Our App

google-play-badge-zc_edited_edited_edite

Contact Us: 

guy@thegotoguy.co.za

Mia meent, Unit 5

17a Palmiet Street, Potchefstroom

Proudly Supporting

437534739_949282600536083_5430138278526729757_n.jpg
Copy of Copy of Dark Blue Minimalist Rugby Match Instagram Post (1).png
480508683_613349784788292_687399541913790447_n.jpg

A Few of Our Clients

WhatsApp Image 2024-11-27 at 09.28.30.jpeg
462851564_122176550930146076_5897628943819649802_n.jpg
369731994_707654494713529_3891009674814759362_n.jpg
438173397_853872976759746_4868760365258440028_n.jpg
328944114_494721249527544_808944456258605501_n (1).jpg
464089070_1055669206348560_5104816180158623830_n.jpg
378890902_217177861350232_4639266243132568662_n (1).jpg
360157162_763917828863271_4926442861230007361_n.jpg
326134127_1115296055820979_3465257108086407162_n (1).jpg
WhatsApp Image 2025-06-19 at 14.18.02.jpeg
305575021_489423449860897_35481771562383
365626055_697893672359203_3798341232106295039_n.jpg
289627124_437869745011710_8405690850303357096_n.jpg
574454283_122093287503106135_1417410876318841312_n.jpg
Copy of Copy of Dark Blue Minimalist Rugby Match Instagram Post (2).png
301963526_491307046333575_4220339095931269264_n.png
420200119_10161581655332603_8341872840245886307_n.jpg
301115582_2022615814592943_5205340550469896770_n (1).jpg
bottom of page