Momentum Aardklop - Davel en Klink - In harmonie

General Info:
Website:
Facebook:
Ticket Site:
Telephone:
E-Mail:
Town:
Date/s:
Share this:
087-527-0023
Potchefstroom
Sep 29, 2026
Event Info:
Venue:
Ticket Pricing:
135 Beyers Naude Ave, Potchefstroom, 2520, South Africa
R180.00 - Hartsvriende, R200.00 - Aanlyn, R220.00 - By die deur
Description:
Twee vroue wat al vir jare lank Suid Afrikaanse stories vertel deur middel van musiek, film, teater, televisie en sang, span saam om die tema van liefde en hoop te verken. Musiek kan die siel sus en ‘n boodskap van hoop en herstel bring. Musiek verken ook die konneksies tussen mense, plekke en dinge. Kom luister, lag en sing saam met Anna en Ilse In harmonie wanneer hulle hierdie KKNK Kanna-benoemde produksie (Beste kontemporêre musiekproduksie) Aardklop toe bring. Die gehoor kan uitsien na musiek en woorde wat menswees belig of bloot in verwondering staan oor die alledaagse. Daar is musiek van Joni Mitchell tot Anneli van Rooyen. Daar is Afrikaanse musiek soos “As jou hart reg klop”, “Ek wil jou ken” en “Rooiborsduif”, asook ’n ballade uit die ikoniese fliek Beaches (Bette Midler se “Glory of Love”), “I’m a W.O.M.A.N.” van Peggy Lee, ouwêreldse swing (“Let’s Do It” en “Comes Love” van Ella Fitzgerald) en vele meer.
Met: Anna Davel (sang en verteller), Ilse Klink (sang en verteller) JJ Petersen (klavier)
Regie: Anna Davel
Musiekregie: Jody Jason Petersen
Girls High
Musiekteater
Afrikaans en Engels
Gesin
55 min.
29 Sep. 19:30
30 Sep. 20:00
