Momentum Aardklop - Die Boulevard Harmoniste - Nou of nooit

General Info:
Website:
Facebook:
Ticket Site:
Telephone:
E-Mail:
Town:
Date/s:
Share this:
087-527-0023
Potchefstroom
Oct 2, 2026
Event Info:
Venue:
Ticket Pricing:
62 Thabo Mbeki Way, Potchefstroom, 2520, South Africa
R150.00 - Hartsvriende, R170.00 - Aanlyn, R190.00 - By die deur
Description:
Met Nou of nooit nooi die Boulevard Harmoniste jou op ’n a cappella-musiekreis deur oomblikke wat ons almal ken: die gejaag van tyd, die stilte van die nag, verlange na vervloë dae, en die vreugde van saam onthou. Hierdie produksie verweef klassieke meesterwerke met hedendaagse gunstelinge in ’n program vol nostalgie, humor en warmte. Van Purcell en Stanford tot Billy Joel en Pentatonix beweeg die musiek moeiteloos tussen eeue, tale en style – soms introspektief, soms speels, maar altyd eerlik en menslik. Met nuwe verwerkings, opwindende ritmes en intieme oomblikke herinner Nou of nooit ons daaraan om stil te staan, asem te haal en die oomblik vas te gryp voordat dit verbygaan. Dit is ’n feeservaring vol hart, harmonie en tydlose musiek.
Met: Lara Badenhorst (sopraan), Kri sten Koekemoer (mezzo-sopraan), Lanka Stols (alt), Hava-ja-toivo Carels (tenoor), Daniël van Wyk (bariton), Frans Venter (bas), Kobus Venter (musikale regisseur)
Vervaardiger: NWU Kunste
Produksiebestuurder: Kobus Venter
NWU Konservatorium
Klassiek en kontemporêr
Afrikaans en Engels
Gesin
70 min.
2 Okt. 19:30
3 Okt. 16:30
