Momentum Aardklop - Twit se trippie in die Knysnabos

General Info:
Website:
Facebook:
Ticket Site:
Telephone:
E-Mail:
Town:
Date/s:
Share this:
087-527-0023
Potchefstroom
Sep 29, 2026
Event Info:
Venue:
Ticket Pricing:
135 Beyers Naude Ave, Potchefstroom, 2520, South Africa
R50.00 per kinders onder 10 , R100.00 per volwassene, Pakket van 3 produksies: R80 elk per volwassene, R30 elk per kind onder 10
Description:
Die avontuurlustige ruimteverkenner Twit arriveer in die Knysnabos met een doel voor oë – om die legendariese Grootvoet op te spoor. Saam met Skorrie Hardebaard en Babbie, ’n slim apie wat die bos beskerm, vertrek hy op ’n gevaarlike tog deur die woud. Terwyl Twit die skoonheid van die natuur begin waardeer, raak Babbie al hoe meer agterdogtig oor Skorrie se geheime planne. Wanneer hulle uiteindelik ontdek dat die “Grootvoet” eintlik Oupoot, ’n eensame olifant, is, kom Skorrie se ware plan aan die lig. Met humor, avontuur en hart vertel hierdie storie ’n verhaal van vriendskap, natuurbewaring en die belangrikheid daarvan om die wêreld nie net vir jouself te probeer besit nie.
Met: Melandi Swiegelaar, Luan Maartens en Chrizaan Raath
Teks: Chrizaan Raath
Regie en beligtingsontwerp: Lara Lourens
Stelontwerp: Luan Maartens, Melandi Swiegelaar en Lian Strydom
Kostuumontwerp: Melandi Swiegelaar en Luan Maartens
Verhoogbestuur: Luan Maartens
Vervaardiger: Kaz McFadden vir PALI Incubation
Produksiebestuur: Ilke König
Ondersteun deur: PALI Incubation
Kinderteater
Afrikaans
Gesin
30 min.
29 Sep. 09:00, 11:00 en 13:30
30 Sep. 09:00, 11:00 en 13:30
1 Okt. 09:00, 11:00 en 13:30
2 Okt. 09:00, 11:00 en 13:30
