Vakansie Plaaskamp by Catchu Kube

Contact Info:
Website:
Facebook:
Telephone:
E-Mail:
WhatsApp:
Share this:
072-144-0148 of 067-774-7734
072-144-0148 of 067-774-7734
Event Info:
Date/s:
City/Town:
Venue:
Ticket Pricing:
Ticket Site:
Mar 30, 2025
Parys
Parys, South Africa
R1 400.00 per kind, meer as een kind R1 260.00
Gedurende die kamp gaan die kinders bietjie vuil word van skape werk, in die veld wees en ook gaan stap. Hulle gaan ook leer hoe om 'n sweep te ruig, met leer te werk en ook hoe om 'n sweep te slaan. Ons gaan een dag met hulle in die Koepel stap waar hulle die geleentheid gaan kry om die Koepel vanuit 'n ander uitsig te aanskou.
Die kamp is nie net werk nie en daar is heelwat pret wat ook beplan word soos die lang slide, swem in die plaasdam en ander plaas- en kampspeletjies. Om die meeste van die geleentheid te maak, moet die kinders vir hulle tente saam bring om in te slaap, maar die tent moet ook maklik kan op- en afslaan omdat ons moontlik die tente gaan oppak, en as die weer uitwerk, een aand op 'n ander plek op die plaas slaap.
Die kinders kan vanaf 15h00 op Sondag 30 Maart 2025 opdaag om hulle tente op te slaan, nes te skrop en kan weer Woensdag 2 April 2025 vanaf 16:00 weer opgetel word op die plaas.
Wat bring hulle saam:
Tent om in te slaap
Beddegoed
Toiletbenodighede
Klere (Klere wat kan vuil word en 'n warm baaitjie)
Swemklere
Gemaklike stapskoene
Bybel en notaboek
Sakgeld vir die snoepie
Allergie en ander medikasie
Sonbrand olie en hoed
Waterbottel
Muskiet afweerder
Neem maar net kennis dat die dam ʼn zink plaasdam is van ongeveer 2.2m diep. So ver as moontlik sal die nodige veiligheidsmaatreëls gehou word, maar net vir veiligheid versoek ons dat u asb u mediese fonds inligting voltooi.
Ons gaan ook die kinders vervoer na Koedoeslaagte vir die stap in die Koepel. Weens daar baie fotos geneem gaan word, word ook toestemming van u as ouer gevra dat ons die fotos wat ons neem wat u kind moontlik kan insluit op sosiale media en ander platforms kosteloos kan gebruik vir bemarking.
U is welkom om my enige tyd te skakel op 072 144 0148 of 067 774 7734 indien u enige vrae of onsekerheid het. Indien u nie vorms hier kan voltooi nie is u welkom om my te epos by Johan@drsteytler.com.