Glotron
Description
KANDIDAAT WAARNA ONS SOEK:
Iemand met 'n sin vir humor. (Dis baie belangrik. 😅)
Jy is georganiseerd en hou daarvan dat dinge reg verloop.
Jy is professioneel, netjies en verteenwoordig die maatskappy met trots.
Jy geniet dit om met mense te werk.
Jy kan professioneel kommunikeer en goed spel.
Jy is gedrewe en hou daarvan om doelwitte te bereik.
Jy neem verantwoordelikheid en wag nie vir iemand om jou heeltyd te sê wat om te doen nie.
Jy funksioneer lekker in 'n span, maar kan ook selfstandig werk.
Jy kan onder druk werk wanneer dinge besig raak.
Jy is 'n nie-roker.
Jy het 'n geldige bestuurslisensie.
Ondervinding in CorelDRAW is 'n vereiste.
Requirements:
Town:
Potchefstroom
Position:
Verkope en Administratiewe Beampte
Starting Date:
July 14, 2026
Date Created:
July 6, 2026
WAT GAAN JY DOEN?:
Kliënte professioneel help (telefonies, e-pos, WhatsApp en in persoon).
Kwotasies opstel en bestellings verwerk.
Algemene kantooradministrasie hanteer.
Verkope ondersteun en met kliënte opvolg.
Basiese ontwerpwerk en wysigings in CorelDRAW doen.
Produksie-opdragte voorberei en met die produksiespan koördineer.
Verseker dat projekte en bestellings betyds en akkuraat afgehandel word.
Help om uitstekende kliëntediens en 'n hoë standaard van kwaliteit te handhaaf.
Bestuur en kontroleer voorraad.
Duties Include:
POS BESKIKBAAR
SLUIT BY DIE GLOTRON-SPAN AAN!
VERKOPE- EN ADMINISTRATIEWE BEAMPTE
WIE IS ONS?
GLOTRON IS 'N VERVAARDIGER VAN SKOOL-, SPORT- EN KORPORATIEWE KLERE, SOWEL AS KORPORATIEWE GESKENKE, WAAR KWALITEIT EN GOEIE DIENS EERSTE KOM.
POS:
HIERDIE POS IS VIR 'N ENERGIEKE ADMINISTRATIEWE EN VERKOOPSBEAMPTE. VERANTWOORDELIK VIR KLIËNTEDIENS, VERKOPE, ADMINISTRASIE EN BASIESE ONTWERPWERK.
Additional Info:
AS JY DINK HIERDIE IS VIR JOU:
Stuur jou:
CV
Kort beskrywing van jouself (Nie die AI- of copy & paste-weergawe nie. Ons wil graag die regte jy leer ken.)
Salarisverwagting
NA: glotron.cvs@gmail.com
