Glotron Clothing and Gifts-Potchefstroom
Description
Ons is opsoek na 'n lekker mens wat saam met ons produksiespan, by ons fabriek kan werk!
Nie dat meeste van wat ons doen soos werk voel nie
Requirements:
Town:
Potchefstroom
Position:
Junior Grafiese Ontwerper.
Starting Date:
January 15, 2026
Date Created:
January 7, 2026
Wie is ons?
Glotron is ‘n vervaardiger van skool, sport en korporatiewe drag.
Ons het ons eie fabriek waar ons ‘n verskeidenheid klere ontwerp en vervaardig.
Van ons mees bekendste kliente is Ferdies, Girls High, Gimmies, Volkies, Mooirivier en Bailliepark.
Ons doen ook baie werk vir SA Hengel en ander hengel klubs. Martial Arts SA en ander sportklubs om net ‘n paar te noem.
Duties Include:
Hierdie is 'n voldag pos.
Hiermee 'n lys van eienskappe en vereistes van die suksesvolle kandidaat:
- Sin vir humor 'n absolute moet!
- Lekker kan funksioneer in 'n span, maar ook okei wees op jou eie.
- Jy moet kan leiding neem in spanverband.
- Jy moet 'n pro-aktiewe denker wees, gedisiplineerd en sperdatum gedrewe.
- Hou van sportklere ontwerp.
- Kreatiewe flair hê, maar tog georganiseerd wees
- Ondervinding in grafiese ontwerp in Coral Draw is ‘n vereiste.
- Passievol wees oor die lewe oor die algemeen.
- Jy moet kan spel.
Additional Info:
As jy voel ons praat hier van jou en jy is lus vir hard werk maar in 'n meer 'gemaklike' setting, dan is hierdie werk vir jou!
Doen aansoek deur jou CV, salarisverwagting en ‘n kort portefuelje van jou werk na susan@glotrontrading.co.za te epos.
Vertel ons ook van jouself. (Nie die boring copy en paste storie nie).





