Hoër Volkskool Potchefstroom
Description
Kwalifikasies:
Graad 12 en toepaslike kwalifikasie.
Ten minste vyf jaar relevante ondervinding.
Bestuurs- of koshuishoofservaring sal as ’n aanbeveling dien.
Requirements:
Town:
Potchefstroom
Position:
Vakante Pos: Matrone (Ons Hoop Dogterskoshuis)
Starting Date:
November 13, 2025
Date Created:
November 6, 2025
Vereistes:
Die volgende is die minimum werkvereistes (kan aangepas word volgens tyd en behoefte):
Uitstekende kommunikasievaardighede in Afrikaans — geskrewe en gesproke.
Toesighouding en bestuur van koshuis-, kombuis- en skoonmaakpersoneel, asook prestasiebestuur van hierdie personeel.
Opstel en bestuur van ’n jaarlikse begroting.
Beplanning van werknemers se verlof.
Ervaring in voedselbestuur, voorraadbeheer en opname, sowel as bestuur van spyskaarte.
Ondersteuning aan ander personeel in die koshuis soos benodig.
Goeie leiding en samewerking met personeel onder haar toesig.
Alle logistieke reëlings vir funksies wat deur die koshuis aangebied word.
Aanpasbaarheid en goeie probleemoplossingsvermoë.
Sterk rekenaarvaardighede in MS Office, Google Forms, ens.
’n Warm en sorgsame persoonlikheid met ’n liefde vir jong mense.
Goeie bestuursvermoë sowel as selfdissipline en verantwoordelikheid.
Duties Include:
Hoër Volkskool Potchefstroom beskik tans oor die volgende vakature:
’n Matrone vir Ons Hoop Dogterskoshuis, die tuiste van die huis vir leerlinge van Hoër Volkskool Potchefstroom — ’n Afrikaanse enkelmediumskool.
Vergoeding:
Markverwante vergoeding en voordele-pakket.
Additional Info:
Aansoekproses:
Stuur jou CV en aansoekbrief aan:
📧 vvp@volkiespotch.co.za
🧾 Merk die onderwerp as: Matrone – Ons Hoop Dogterskoshuis
Belangrike Datums:
Sluitingsdatum vir aansoeke: 12 November 2025
🗓️ Indien geen terugvoer binne twee weke ná die sluitingsdatum ontvang word nie, kan jy aanvaar dat die aansoek onsuksesvol was.





