Klipspruit River Resort - Leeudoringstad
Description
Klipspruit River Resort is op soek na 'n betroubare, hardwerkende en ervare egpaar om permanent op die oord te woon en verantwoordelikheid te aanvaar vir die daaglikse bestuur, instandhouding, sekuriteit en algemene versorging van die fasiliteit.
Requirements:
Town:
Bothaville
Position:
Oordbestuurder/ Opsigter Egpaar
Starting Date:
July 15, 2026
Date Created:
June 25, 2026
Vereistes en Ervaring
• Ouderdom tussen 30 en 57 jaar.
• Bewese vorige ervaring by 'n vakansieoord, lodge, gastehuis, karavaanpark of soortgelyke toerisme-onderneming is verpligtend.
• Ervaring met besprekings, administrasie, gaste-ontvangs en kliëntediens.
• Ervaring met algemene instandhouding, herstelwerk, terrein- en tuinversorging.
• Ervaring met huishouding, skoonmaak en die handhawing van hoë standaarde.
• Basiese rekenaarvaardighede.
• Goeie kommunikasie- en mensevaardighede.
• Geldige bestuurslisensie en eie vervoer.
• Professionele voorkoms, goeie werksetiek en betroubaarheid.
• Kontakbare verwysings moet voorsien word.
• Die suksesvolle kandidate moet bereid wees om agtergrond- en verwysingskontroles te ondergaan.
Belangrike Voorwaardes
• Hierdie is nie slegs 'n bestuurs- of toesighoudende pos nie.
• Die egpaar moet bereid wees om self fisies te werk en daagliks betrokke te wees by instandhouding, skoonmaak en die algemene bedryf van die oord.
• Verantwoordelikheid vir die algemene veiligheid, sekuriteit en toesig van die oord vorm deel van die pos.
• Geen afhanklikes.
• Geen alkohol- of dwelmmisbruik sal geduld word nie.
• Aansoekers sonder vorige oord-, lodge- of gastehuiservaring sal nie oorweeg word nie.
Duties Include:
Wat Ons Bied
🏡 Verblyf op die oord.
⚡ Elektrisiteit ingesluit.
💧 Water ingesluit.
📋 'n Verpligte proeftydperk van 3 maande.
💼 Salarispakket sal tydens die onderhoud bespreek word.
🌳 'n Rustige en veilige werksomgewing.
Additional Info:
Aansoeke
Stuur 'n volledige CV met kontakbare verwysings en 'n kort motiveringsbrief na:
📧 estelle@klipspruitriverresort.co.za
📅 Sluitingsdatum vir aansoeke: 14 Julie 2026
Slegs kandidate wat aan die minimum vereistes voldoen en relevante oord- of toerismebedryfservaring het, sal gekontak word vir 'n onderhoud.
