Laerskool Baillie Park
Description
Hier is die teks wat uit die beeld onttrek is, presies soos dit verskyn:
Laerskool Baillie Park het ’n tydelike pos vir ’n
ONDERWYS-ASSISTENT
Aanvang: So gou moontlik na aanstelling
Laerskool Baillie Park streef daarna om ’n skool van voorkeur in Potchefstroom te wees deur die aanbieding van uitsonderlike onderwys, lewenswaardes en vaardighede. Baillies het die bogenoemde tydelike pos beskikbaar in ons Grondslagfase.
POSVEREISTES:
In besit wees van, of tans studeer in, ’n gepaste onderwyskwalifikasie
Bereid wees om by die skool se buitekurrikulêre aktiwiteite betrokke te wees
Die onderwyser in die klas bystaan met administratiewe en onderrigtake
Oor goeie rekenaarvaardighede beskik
Afrikaans as taal van onderrig en leer
Requirements:
Town:
Potchefstroom
Position:
Onderwyser-assistent - tydelike pos
Starting Date:
January 23, 2026
Date Created:
January 16, 2026
PERSOONLIKE EIENSKAPPE:
Goeie organisatoriese vaardighede
Entoesiasme en kreatiewe vermoë
Goeie kommunikasievaardighede
Duties Include:
Laerskool Baillie Park het 'n pos beskikbaar in ons Grondslagfase vir 'n onderwyser-assistent. Ons is op soek na 'n entoesiastiese kandidaat om so gou moontlik by ons aan te sluit.
Additional Info:
DOKUMENTASIE SAAM MET AANSOEK:
Aansoekbrief of voorwoord
Volledige CV
Gewaarmerkte ID
Kwalifikasies of puntestate
Getuigskrifte en/of verwysings
Belangstellendes kan hul CV voor/op Donderdag, 22 Januarie 2026 om 12:00 duidelik gemerk: Assistentepos stuur na: admin@bailliepark.co.za
’n Proses van sifting sal gevolg word en kandidate wat kwalifiseer, sal vir ’n onderhoud genooi word. Die besoldiging sal tydens die onderhoud bespreek word.
Assistente is onderhewig aan ’n jaarlikse keuringsproses vir die hernuwing van hul kontrakte.
Indien daar binne twee weke ná die sluitingsdatum vir aansoeke geen telefoniese kommunikasie vanaf die skool ontvang word nie, neem asseblief kennis dat die aansoek onsuksesvol was.





