13de Ratau Konica Minolta Gholfdag Kom Terug in Klerksdorp - 6 Junie
- Amanda Bekker

- May 16, 2025
- 2 min read
Die Ratau Konica Minolta Gholfdag is terug vir sy 13de ronde, en dié keer beloof dit weer om 'n lekker dag op die groen te wees. Die aksie skop af op 6 Junie 2025 by die bekende Klerksdorp Gholfbaan, met 'n shotgun begin om presies 11:00.
Wat Gebeur Op Die Dag?
Hierdie is nie net enige gholfdag nie, dis ’n Better Ball Scramble Drive, wat beteken daar’s teamwork betrokke. Spelers word in pare ingedeel en speel die beste bal van die twee. Maklik, maar steeds 'n challenge. Daar’s pryse vir alle spelers, ja, jy’t reg gelees, almal loop met iets weg.
Die baanborg vir die dag is Hinterland, en by die halfway house hou Supreme Chicken jou maag vol terwyl jy wag vir jou volgende tee-off.
Belangrike Inligting
Datum: 6 Junie 2025
Tyd: Shotgun begin om 11:00
Plek: Klerksdorp Gholfbaan, Neserhof, Klerksdorp
Koste: R1 000 per 4-bal
Kontakpersoon: Frikkie Martin 081-369-7341
As jy belangstel om in te skryf of meer wil weet, kontak gerus vir Frikkie via WhatsApp of bel hom direk. Die man’s nommer is omtrent orals.
En Wat Van Die Reën?
Soos almal weet, die weer speel nie altyd saam nie. ’n Vorige poging is afgekeur weens reën, die hemel het besluit ons moet maar eers werk toe gaan daai dag. Maar nou is dit weer op die kalender, selfde plek, selfde tyd, en gelukkig net ’n nuwe datum.
En Wat Van Die Nie-Golfers?
Selfs al het jy nog nooit ’n gholfstok vasgehou nie, moenie worry nie. Daar’s ’n spesiale "Non golfers"-afdeling wat op putt-putt vlak is, maar steeds op 'n 14de af gespeel word. So jy’s welkom, ongeag jou handicap (of gebrek daaraan).
Dis nie net 'n sportdag nie, dis ’n kans om bande te bou, nuwe mense te ontmoet, en natuurlik, om vir ’n slag uit die kantoor te ontsnap. En met al die borge en pryse, kan niemand kla nie. Kom speel, kom kuier, en bring sommer jou beste swing saam.
Vir navrae, inskrywings en alles tussenin, Frikkie Martin’s jou man:
📞 081-369-7341
Sien jou op die baan!





I would like to sincerely recommend NaturePath Herbal Clinic based on my personal experience.
I was diagnosed with Amyotrophic Lateral Sclerosis four years ago. Despite following prescribed treatments for over two years, my condition gradually became more difficult to manage. I experienced increasing muscle weakness, fatigue, and challenges with everyday activities.
Seeking additional support, I decided to try the herbal program from NaturePath Herbal Clinic. Although I was initially skeptical, I began to notice positive changes within a few months. My energy levels improved, I felt more comfortable physically, and I was better able to manage daily tasks.
This experience has made a meaningful difference in my overall well-being, and I truly appreciate the support I received throughout the process.