Baillies Boogskietspan Skiet Reguit na Sukses!
- Yolandi Botes

- Nov 11
- 1 min read
🎯🏹🎯🏹🎯🏹🎯🏹🎯🏹🎯🏹
Laerskool Baillie Park se Boogskietspan het tydens die Oktober-vakansie glansryk presteer by die AGA-SA Nasionale Kampioenskap, en hul pyle het beslis die teiken getref!
Die talentvolle 3D-span het puik gevaar en die silwermedalje ingepalm deur ’n algehele tweede plek te behaal, ’n merkwaardige prestasie teen topkompetisie van regoor die land.

Daarbenewens het verskeie individuele skuts ook medaljes huis toe gebring:
🏅 David Knoetze:
Brons in die Interprovinsiale Bullseye-afdeling
Brons in die 3D Interhoër-afdeling
🥈 Anne-Belle Watson:
Silwer in die Interhoër Bullseye-afdeling
🥉 Cara Snyman:
Brons in die 3D Interhoër-afdeling
Elke skoot het getuig van harde werk, fokus en toewyding. Ons is ongelooflik trots op elke Baillie-skut wat deelgeneem het, julle is ware kampioene!
🎯🏹🎯🏹🎯🏹🎯🏹🎯🏹🎯🏹









Comments