Caelee Johnstone wys hoe dis gedoen word op die wêreldverhoog!
- Yolandi Botes
- Jun 6
- 2 min read
🐴💪🐴💪🐴💪🐴💪🐴💪
Die jong en talentvolle Caelee Johnstone het onlangs behoorlik ’n indruk gemaak by die Worlds Open Air Saddlebred Kampioenskappe in Bloemfontein, en dis nie sommer net ’n perdjol nie!

🌍 Meer as 900 perde, en een ster!
Tussen 21 en 26 April 2025 het Caelee haar staal gewys teen die bestes in die land, én van oorsee, in een van die mees kompeterende skoue wat jy kan kry. Met meer as 900 perde in aksie, is dit geen grap nie. En tog het sy bo uitgekom, met grit en styl.
🏇 Champion of Champions – en sy wys sy is een!
Vir die eerste keer het Caelee deelgeneem aan die Champion of Champions Equitation-klas. Hierdie afdeling is vir ruiters wat werklik weet wat hulle doen. Net 8 ruiters het dit tot die finaal gemaak – en raai wat? Caelee was een van hulle! Sy’t ’n 6de plek in die 5-Gang én ’n 7de plek in die 3-Gang losgery.
En as dit nie genoeg is om jou trots te maak nie – sy’t ook ’n 4de plek gewen in die 5-Gang perdeklas. 🎖️
🤕 Besering? Watse besering?
Wat hierdie prestasie nóg meer merkwaardig maak, is dat Caelee kort voor die kampioenskappe ’n ernstige besering opgedoen het. Die meeste mense sou dit dalk gebruik het as ’n rede om op te gee – maar nie hierdie meisie nie. Met deursettingsvermoë en vasberadenheid, het sy haar plek tussen die top ruiters in Suid-Afrika bewys. 🔥
🙌 Ons is trots, Ferdies is trots!
Caelee, jy’t nie net puik gery nie, jy’t vir elke jong ruiter gewys wat moontlik is as jy hard werk, opstaan ná terugslae, en altyd jou passie volg. Jy’s nie net ’n kampioen in die arena nie, maar ook in gees en karakter.
ONS LEER! ONS LEEF! ONS LEI!
Baie geluk, Caelee! Ons staan reg agter jou. 👏🐎
Comments