Cathy Viljoen kuier by Oase van Hoop AGS in Baillie Park - 17 Augustus
- Amanda Bekker

- Jul 23, 2025
- 2 min read
Dis amper tyd om die kerkbanke te vul en die hartsnare reg te trek, want Cathy Viljoen, een van Suid-Afrika se bekendste gospelstemme, tree op by AGS Oase van Hoop in Baillie Park.
'n Bekende stem in geloof en musiek
Cathy Viljoen is al vir byna vyftig jaar deel van die Suid-Afrikaanse gospel toneel. Sy's nie net ’n sanger nie, sy noem dit self haar “sang bediening.” Dis nie vir die applous nie, sê sy, maar om mense te bereik en te bemoedig. Haar stem en lirieke het al baie mense se trane gevat en in hoop verander.
Van kerksale tot groot verhoog, haar liedjies bly eerlik en reguit, net soos sy. As jy haar al ooit live gehoor het, weet jy: dis nie ’n show nie, dis ’n ervaring.
Waar en wanneer
🗓️ Datum: Sondag 17 Augustus 2025
⏰ Tyd: 09:30 VM
📍 Plek: AGS Oase van Hoop, Baillie Park, Potchefstroom
📫 Adres: 20 Wynne Straat
🎟️ Toegang: Gratis (Ja, dis verniet. Bring net jouself, en dalk jou buurvrou.)
Wat om te verwag
Dis ’n Sondagoggend, so die atmosfeer gaan gemaklik wees, maar ook nie té stil nie. Jy gaan kan saamsing, dalk ’n traan wegpink, en defnitief huis toe gaan met iets wat jy nie gehad het toe jy daar aankom nie.
Dis vir oud én jonk, en jy hoef nie te worry oor kaartjies koop nie. Trek gemaklik aan, bring die familie en kom luister saam.
Dis nie elke dag dat ’n legend in die gospelwêreld sommer net so gratis kom optree in Potch nie. So as jy in die omgewing is, maak ’n draai, jy sal nie spyt wees nie.
Almal’s welkom. Dis gospel, dis eg, en dis net hier om die draai.





I would like to sincerely recommend NaturePath Herbal Clinic based on my personal experience.
I was diagnosed with Amyotrophic Lateral Sclerosis four years ago. Despite following prescribed treatments for over two years, my condition gradually became more difficult to manage. I experienced increasing muscle weakness, fatigue, and challenges with everyday activities.
Seeking additional support, I decided to try the herbal program from NaturePath Herbal Clinic. Although I was initially skeptical, I began to notice positive changes within a few months. My energy levels improved, I felt more comfortable physically, and I was better able to manage daily tasks.
This experience has made a meaningful difference in my overall well-being, and I truly appreciate the support I received throughout the process.