Die Beste Band In Die Wêreld Ooit – Ek Sweer – Nou Toer Ons - 6 Junie
- Amanda Bekker
- May 8
- 2 min read
Die Weskus is nie net bekend vir kreef en koue water nie – dis nou ook die geboorteplek van wat Rikus De Beer noem "die beste band in die wêreld… ooit, ek sweer". En ja, hulle toer nou regtig.
Van Jacobsbaai tot Potch
Alles het begin in Jacobsbaai waar Rikus De Beer, beter bekend as Jonathan van Radio Raps, besluit het hy gaan nie net 40 vier met 'n koek en 'n klomp WhatsApp-groetjies nie. Nee wat, hy begin ’n band. En nie sommer enige band nie. Die Beste Band In Die Wêreld Ooit.
Met ouens soos Ryno Velvet (jy ken hom dalk van Ai My Lam, Kaap of Volkswagen Bussie) en Regardt Scheepers aan sy sy, vat Rikus nou sy grappe en stories van die verhoog na die studio, en toe weer terug na die verhoog.
Wat om te verwag
Die show is nie net musiek of net lag nie, dis ’n bietjie van albei, met ’n stewige skoot nostalgie daarby. Daar’s nuwe liedjies uit Rikus en Ryno se penne, en die plan is om jou te laat lag, huil-van-die-lag, en dalk so bietjie te laat dink ook.
En ja, soos Rikus sê: “Nou dat ons ‘n band is, moet ons toer”. En toer doen hulle. Potchefstroom is aan die beurt op 6 Junie 2025 om 19:00, en dis R295 per persoon. Kaartjies is op Webtickets beskikbaar.
Die Album & ‘Rockumenter’
In April 2025 het die manne ook hulle eerste album, Nou Toer Ons!, bekendgestel, saam met ’n 'rockumenter' film oor hoe alles agter die skerms afspeel. Dis bietjie chaos, baie lag en baie meer reguit as wat jy dalk verwag.
Rikus beskryf dit so: “Om Rikus te wees in ’n band saam met Ryno en Regie voel soos huis toe kom. Jy sien die stories anders as jy hulle moet sing.”
Vertoningsbesonderhede
Datum: 6 Junie 2025
Tyd: 19:00
Plek: The Roots - 954 M C Roode Straat, Potchefstroom, Suid-Afrika
Kaartjies: R295 pp
Bespreek by: Webtickets
As jy ooit gewonder het hoe dit sal klink as Jonathan ’n rock star is en Ryno Velvet die punchlines drop, dan is hierdie vir jou. Dis nie ’n “kom sit stil en klap hande” soort gig nie. Dis meer soos 'n ons almal's saam op 'n jol tipe aand.
Potch – julle is volgende. Nou toer hulle rêrig.

Komentar