top of page

The Gazette

Die eerste week van skool reeds verby vir Tokkies se nuutste woelwaters 

Die eerste week van skool is al verby vir die graad een leerders by Laerskool Mooirivier, maar hulle sal hul eerste dag in die ‘grootskool’ beslis onthou. Die eerste dag van skool is gewoonlik sinoniem met ‘n paar trane - van beide mamma én kindjie. Maar ondanks die trane, is die oorheersende gevoel steeds een van opwinding vir die nuwe skooljaar.


Foto (Verskaf): Groot glimlagte
Foto (Verskaf): Groot glimlagte

Die Tokkie-gees het hoog geloop in die klaskamer én op die speelgrond die afgelope week. Maats wat na mekaar verlang het gedurende die lang Desembervakansie, stories wat gedeel word en die opwinding om te sien wie jou Juffrou of Meneer is hierdie jaar. Vir die graad sewe leerders is dit ‘n bittersoet gevoel - dit is die laaste jaar in die laerskool, maar hul weet terselfdetyd dat hulle op die kruin van iets groter staan. Die nuwe graad vier maats begin hierdie jaar met eksamen en klasse wissel. Baie verandering, baie nuwe dinge, maar báie opwinding.


Foto (Verskaf): Dié drie maatjies sien baie uit na hierdie jaar
Foto (Verskaf): Dié drie maatjies sien baie uit na hierdie jaar

Kwartaal een beteken ook dat die atletiek-seisoen in volle swang en met alle erns afskop. Daar word alreeds nalope, hekkies, kortafstande en ander baanitems geoefen in die oploop na Interhuis en eindelik Interlaer. Ons weet sommer dat die atlete Laerskool Mooirivier se naam hoog gaan hou tydens die byeenkomste en ons hou ons oë oop vir die prestasies. 


Foto (Verskaf): Hierdie vier knapies is reg vir die skooljaar
Foto (Verskaf): Hierdie vier knapies is reg vir die skooljaar

Met die lui van week twee se skoolklok wens ons elke Tokkie onderwyser, leerder en personeellid alle sterkte toe vir 2026. Mag hierdie ‘n jaar wees wat vrug dra vir julle skool in alle opsigte. 


____________________________

Johané van Dyk - Potchefstroom


Foto's

Alle foto's verskaf deur Laerskool Mooirivier










 
 
 

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating

Our Socials

  • Twitter
  • Youtube
  • Instagram
  • Facebook
  • TikTok

Rights Reserved - The Go-To Guy © ™ (Pty) Ltd 2018 - 2024

Site design and built by Digital Guy

Trademarks Registered CIPC 

Download Our App

google-play-badge-zc_edited_edited_edite

Contact Us: theguy@thegotoguy.co.za

Mia meent, Unit 5

17a Palmiet Street, Potchefstroom

A Few of Our Clients

WhatsApp Image 2024-11-27 at 09.28.30.jpeg
035c03_2458bf672ec84a8ba9efaf95e692ae16~mv2.avif
369731994_707654494713529_3891009674814759362_n.jpg
438173397_853872976759746_4868760365258440028_n.jpg
328944114_494721249527544_808944456258605501_n (1).jpg
464089070_1055669206348560_5104816180158623830_n.jpg
378890902_217177861350232_4639266243132568662_n (1).jpg
Untitled design (23).png
326134127_1115296055820979_3465257108086407162_n (1).jpg
WhatsApp Image 2025-06-19 at 14.18.02.jpeg
305575021_489423449860897_35481771562383
365626055_697893672359203_3798341232106295039_n.jpg
289627124_437869745011710_8405690850303357096_n.jpg
574454283_122093287503106135_1417410876318841312_n.jpg
437537042_869865608488120_7118457527164040386_n.jpg
301963526_491307046333575_4220339095931269264_n.png
420200119_10161581655332603_8341872840245886307_n.jpg
301115582_2022615814592943_5205340550469896770_n (1).jpg
bottom of page