Gimmie-atlete Gevier vir Hul Inspanning en Gees
- Yolandi Botes
- Jun 3
- 1 min read
🏆 🏆 🏆 🏆 🏆 🏆 🏆 🏆
Gimmies se atlete het onlangs in die kollig gestaan tydens ’n spesiale gala-aand waar hul deelname aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe behoorlik gevier is. Dié aand het gegaan oor harde werk, toewyding en sportmanskap, en daar was genoeg rede om trots te wees. 👏

🤝 Omliggende Laerskole Sluit Aan
’n Groot deel van die aand se waarde het ook gekom uit die teenwoordigheid van top atlete van omliggende laerskole. Dit was vir ons ’n voorreg om hulle by die funksie te verwelkom.Ons sien uit daarna om hulle as deel van die Gimmie-atletiekfamilie te hê, dis altyd lekker om nuwe energie en talent in die span te sien.

💪 Gimmie-atletiek: Meer as Net Oefening
Agter elke goeie prestasie sit ure se slypwerk, op die baan én agter die skerms. Gimmie-atlete en -afrigters, ons sien wat julle die afgelope seisoen ingesit het. Dit word raakgesien en waardeer.Hier word nie net vinnig gehardloop of ver gespring nie, hier word karakter gebou.

👏 Dankie aan Dié wat Saam Bou
’n Spesiale woord van dank aan almal wat die aand moontlik gemaak het, veral aan The Roots Lifestyle Centre vir die lekker kos en mooi venue. Julle het gesorg vir ’n onthou-aand. Dis sulke geleenthede wat wys wat in ’n skoolgemeenskap steek. Hou aan droom, hou aan oefen, die volgende seisoen lê reg voor ons. 🏃♀️🔥
Comments