Gimmie-Krieket Gereed Vir Noordvaal-Semifinaal Aksie!
- Yolandi Botes 
- 5 hours ago
- 1 min read
🏏🏏🏏🏏🏏🏏🏏🏏🏏🏏
Potchefstroom Gimnasium wens hul o.15A- en eerstespan alles van die beste toe vir die komende Noordvaal-semifinaal hierdie naweek. Ná weke van harde werk, oefening en opoffering, het beide spanne hul plek in die top vier verdien, en nou wag die groot toets.

🏠 Ondersteun Ons o.15’s Tuis
Die o.15A-span speel hul kragmeting by die huis, en die hele Gimmie-gemeenskap word aangemoedig om hulle te kom aanmoedig. Bring jou kampstoel, sonskerm en goeie gees, en maak seker die span voel die ondersteuning vanaf die kantlyn.

🏏 Eerste Span Op Soek Na Finale Plek
Die eerstespan het ook hul plek tussen die Noordvaal se topkrieketspanne ingeneem, en stap met selfvertroue en fokus die veld in. Met Gimmie-gees agter hulle en spanwerk voor hulle, is hulle gereed om elke oor sonder vrees aan te pak.
👏 Sterkte, Gimmies!
Aan albei spanne, speel met trots, speel met moed, en dra die Gimmie-trui met waardigheid. Julle het reeds ’n prestasie behaal om op trots te wees. Die hele Gimmie-familie staan agter julle, elke hou en elke bal saam!









Comments