Homestead Butchery steek solank die vure aan vir hul vierde verjaarsdag
- Johané

- Nov 18
- 1 min read
November sorg vir groot opwinding om verskeie redes. Nie net maak Potchefstromers reg vir die feesseisoen nie, hulle vier ook Homestead Butchery se verjaarsdag. Vanjaar is dié slaghuis, wat ‘n groot gunsteling geword het, al ‘n volle vier jaar in Potchefstroom en nes verlede jaar vier hulle hierdie spesiale dag met ‘n Potjiekos Kompetisie!

Op Vrydag, 21 November, sal verskeie besighede en individue mekaar die stryd aansê tydens Homestead Butchery se potjiekos kompetisie. Daar is fantastiese pryse wat gewen kan word - nie nét vir die deelnemers nie, maar ook vir die publiek wat saam met die Homestead span hulle spesiale dag kom vier. Die fantastiese pryse eindig nie tydens die kompetisie nie, o nee. Gaan maak gerus ‘n draai in die slaghuis om selfs beter pryse dáár te kry.
Hou hierdie spasie dop vir foto’s, video’s en ‘n opvolg artikel om te sien wie kraai koning as 2025 se Potjiekos Kompetisie wenner. Kom maak ‘n draai by 1 Palmiet Straat hierdie komende Vrydag en kom deel in die feesviering!
Kliek op die foto hieronder om na hul Facebook blad herlei te word.
____________________________________
Johané van Dyk - Potchefstroom










Comments