top of page

Potch Gazette

Hoër Volkskool verwelkom voornemende Volkie-familielede

Woensdagaand, 28 Mei 2025, het talle graad sewe leerders en hul ouers na Hoër Volkskool gestroom om vanjaar se Opedag, oftewel Opeaand, by te woon. 


Volkies verwelkom voornemende graad agts met flair
Volkies verwelkom voornemende graad agts met flair

Leerders verken die gronde


Onder leiding van verskeie onderwysers, is ouers en hul kroos deur die skoolgronde geneem en het by, onderandere, die netbalbane, astrobaan, gimnasium en museum gestop om meer van die skool se sport, kultuur en geskiedenis te leer. Koshuistoere was ook gedoen en die seuns en dogters is na Jack Pauw en Ons Hoop onderskeidelik geneem om hierdie koshuise te besigtig, terwyl Hebrews Coffee gesorg het dat besoekers warm bly op hierdie koel aand. 


Die meisies kon hul netbal vernuf toets
Die meisies kon hul netbal vernuf toets

Verwelkoming en verversings


Na die skooltoer, het die hoof, Meneer PW van Aswegen, ouers en leerders toegespreek voor die hoofgebou en daarna kon besoekers meer inligting oor die skool verkry by die stalletjies terwyl hul aan iets geknibbel het. Die Volkie-vlam het helder gebrand en die trots waarmee die personeel en leerders hul rooi, swart en goud gedra het, kon duidelik gesien word. Hierdie aand het ook groot opwinding by die graad sewe leerders ontlok en sommiges het selfs voor die Opedag reeds besluit dat hulle deel wil word van dié familie.


Volkies se naam in ligte - letterlik
Volkies se naam in ligte - letterlik

Raak deel van die familie


Indien jou kind ook wil deel word van die Volkie familie, kliek hier om hul webblad te besoek en sodoende die aansoekvorm in te vul vir 2026.



Johané van Dyk - Potchefstroom

____________________________________


So paar foto's en video's van Opedag 2025























Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating

Our Socials

  • Twitter
  • Youtube
  • Instagram
  • Facebook
  • TikTok

Rights Reserved - The Go-To Guy © ™ (Pty) Ltd 2018 - 2024

Site design and built by Digital Guy

Trademarks Registered CIPC 

Download Our App

google-play-badge-zc_edited_edited_edite

Contact Us: theguy@thegotoguy.co.za

Mia meent, Unit 5

17a Palmiet Street, Potchefstroom

A Few of Our Clients

WhatsApp Image 2024-11-27 at 09.28.30.jpeg
WhatsApp Image 2024-07-19 at 12.28.51.jpeg
369731994_707654494713529_3891009674814759362_n.jpg
438173397_853872976759746_4868760365258440028_n.jpg
328944114_494721249527544_808944456258605501_n (1).jpg
464089070_1055669206348560_5104816180158623830_n.jpg
378890902_217177861350232_4639266243132568662_n (1).jpg
403808952_754964333314706_70325916513886999_n.jpg
326134127_1115296055820979_3465257108086407162_n (1).jpg
438832982_404488349140861_8470007565960820605_n.jpg
305575021_489423449860897_35481771562383
365626055_697893672359203_3798341232106295039_n.jpg
Timberman.jpg
305398204_512194314246355_2527638739878484120_n.png
333686395_930504544798429_3149830237844445242_n.jpg
301963526_491307046333575_4220339095931269264_n.png
331430147_589989959691253_3568184503343644284_n.jpg
301115582_2022615814592943_5205340550469896770_n (1).jpg
bottom of page