Hoërskool Ferdinand Postma Verwelkom Graad 8-Leerders met Besondere Boog- en Baadjieseremonie
- Yolandi Botes

- 1 hour ago
- 1 min read
Hoërskool Ferdinand Postma het hul jaarlikse boog- en baadjieseremonie gehou om die nuwe graad 8-groep amptelik by die skool-familie te verwelkom. Die betekenisvolle tradisie simboliseer die begin van die leerders se vyfjaar-hoërskoolreis.

Gedurende die seremonie, wat voor ouers, onderwysers en mede-graad 8's plaasvind, stap elke leerder deur die tradisionele boog en lui die amptelike Ferdie-klok.
Simbool van Toewyding en Tradisie
Die skool beklemtoon dat die klokslag gedurende die seremonie as 'n persoonlike belofte van groei, geleenthede, vriendskap en harde werk dien.
Nadat die leerders deur die boog gestap en die klok gelui het, trek hulle amptelik hul Ferdie-baadjie aan. Hierdie handeling merk hul formele insluiting by die skool se tradisie van uitnemendheid en die groter Ferdie-familie.




Comments