top of page

The Gazette

Klerksdorp se Mark en Pretloop bring ‘n Kraken draai - 26 April

Klerksdorp – Pick n Pay Mark is terug en hierdie keer met ‘n twist: ‘n Kraken wat arms kom druk.


Die gewilde Pick n Pay Mark hou weer ‘n dag vol markpret en gemeenskapskuier op Saterdag, 26 April 2025 van 08:00 tot 13:00 by PnP Hyper Wilkoppies, en dit kos jou nie ‘n sent om daar in te stap nie – toegang is gratis.


Kraken Armdruk Klub daag jou uit

As jy ooit gewonder het hoe om arm te druk soos ‘n regte pro, is nou jou kans. Kraken Armwrestling Club, gevestig in Klerksdorp, bring hulle spiere en skills om die gemeenskap te wys hoe dit gedoen word. Daar sal demonstrasies wees waar jy die basics kan leer, en daarna kan jy jou staal meet teen ‘n vriend óf ‘n pro in die uitdagings wat volg – met pryse wat op die spel is.


Stalletjies, sosaties en ‘n bietjie alles

Meer as 45 uitstallers gaan hulle goedjies kom wys en verkoop – van kos en klere tot kreatiewe handewerk. En ja, daar is nog stalletjie plek beskikbaar vir die wat wil deel wees teen net R120. Die sosatie- en worsbroodjie-stalletjie is nog oop vir bespreking, so as jy ‘n vleisbraai in jou vingers het, dis nou jou kans.


Hoe om in te skakel

Vir enige navrae of besprekings van stalletjies, kontak Tinus van Staden by 083-294-8077. Hy’s ook op WhatsApp beskikbaar en jy kan inskakel op die Facebook groep vir meer inligting:


Belangrike Details

  • Datum: Saterdag 26 April 2025

  • Tyd: 08:00 – 13:00

  • Plek: Tom Avenue, Buffelsdoornweg, Wilkoppies, Klerksdorp

  • Toegang: Gratis

  • Kontakpersoon: Tinus van Staden – 083 294 8077

  • Facebook groep: PicknPay Mark (Klerksdorp)


Nota: Die mark word betree op eie risiko. Maar kom nou – dis armdruk, nie stoei nie. Kom loer in, kuier saam, en dalk wen jy iets of druk sommer net ‘n bietjie arm vir die pret.

ree

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating

Our Socials

  • Twitter
  • Youtube
  • Instagram
  • Facebook
  • TikTok

Rights Reserved - The Go-To Guy © ™ (Pty) Ltd 2018 - 2024

Site design and built by Digital Guy

Trademarks Registered CIPC 

Download Our App

google-play-badge-zc_edited_edited_edite

Contact Us: theguy@thegotoguy.co.za

Mia meent, Unit 5

17a Palmiet Street, Potchefstroom

A Few of Our Clients

WhatsApp Image 2024-11-27 at 09.28.30.jpeg
035c03_2458bf672ec84a8ba9efaf95e692ae16~mv2.avif
369731994_707654494713529_3891009674814759362_n.jpg
438173397_853872976759746_4868760365258440028_n.jpg
328944114_494721249527544_808944456258605501_n (1).jpg
464089070_1055669206348560_5104816180158623830_n.jpg
378890902_217177861350232_4639266243132568662_n (1).jpg
Untitled design (23).png
326134127_1115296055820979_3465257108086407162_n (1).jpg
WhatsApp Image 2025-06-19 at 14.18.02.jpeg
305575021_489423449860897_35481771562383
365626055_697893672359203_3798341232106295039_n.jpg
289627124_437869745011710_8405690850303357096_n.jpg
574454283_122093287503106135_1417410876318841312_n.jpg
437537042_869865608488120_7118457527164040386_n.jpg
301963526_491307046333575_4220339095931269264_n.png
420200119_10161581655332603_8341872840245886307_n.jpg
301115582_2022615814592943_5205340550469896770_n (1).jpg
bottom of page