top of page

Potch Gazette

Kry jou by Pad.langs

The Go-To Guy het besoek af gaan lê by die nuutste koffiewinkel in Potchefstroom - Pad.langs.


Johan en Liezel saam met die dinamiese Padlangs span
Johan en Liezel saam met die dinamiese Padlangs span

Gebore uit 'n passie

Padlangs is ‘n konsep. Op hierdie stadium is dit net ‘n koffiewinkel, met die oog op uitbreiding om dit in veel meer te verander. Gebore uit die passie wat hy en sy vrou, Liezel, vir fietsry en ‘n gesonde leefstyl het, het Pad.langs ontstaan. “Dit gaan oor die gemeenskap”, het Johan genoem. Geleë op die Modderdampad of soos baie inwoners daarna verwys, die ‘oefenpad’, is die idee om dié koffiewinkel as wegspring te gebruik en ‘n verversing na die tyd daar te geniet.



Meer as genoeg sitplek
Meer as genoeg sitplek

Hulle bring meer as net lekker koffie na die tafel

Lekker kos, vars produkte en gehalte kwaliteit koffie is die mantra van die Pad.langs span. Funksionele fiksheid is die oorhoofse fokus en dit sal ook wees hoe die speelarea ontwerp en gebou word. Op die stadium is daar ‘n 1.6km fietsbaan wat ook dien as staproete op die perseel vir oud en jonk. Die jongspan kan ook op die twee kleiner bane tekere gaan terwyl mamma en/of pappa die real McCoy aandurf.  



Die twee bane waar die kinders kan speel
Die twee bane waar die kinders kan speel

"Ons wou ‘n gemeenskap skep rondom beweging, gesondheid en die goeie dinge in die lewe - goeie kos, goeie koffie en goeie mense”, het Johan gesê.


Koffiewinkels, CrossFit en Kerk

Potchefstroom bestaan omtrent uit koffiewinkels, kerke en CrossFit, so om jou koffie te laat uitstaan, moet dit besonders wees. Die Weideman egpaar het lank en ver gesoek na ‘hulle’ koffieboon, “dit was omtrent die 50ste boon waarop ek en Liezel [eindelik] besluit het”. Hul kosse word ook met net die beste bestandele gemaak, soos hul roosterbroodjies wat met suurdeegbrood gemaak word. Johan vertel verder met trots dat die showstopper die Bosburger is - en die Go-To Guy span kan dié stelling beaam. Hierdie sappige burger bestaan uit ‘n gemsbok patty en die garnering verskaf deur die groente wat die tonnels op die perseel oplewer.


Die bekende Bosburger
Die bekende Bosburger

Môrestond het goud in die mond

Beide Johan en Liezel se grootwordjare was baie aktief en hul het hierdie leefstyl voortgesit in hul eie gesinslewe. Hulle is een van daardie gesinne wat op ‘n Saterdagoggend reeds douvoordag op en wakker is om te gaan fietsry of ‘n draffie te vang. Deesdae is hul steeds vroeg wakker, maar eerder om die koffiewinkel te kom oopsluit, aangesien die deure al vanaf 06h30 oop is. Pad.langs bied ook die gerief deur hul ‘Huiskos’ as wegneemete vooraf te bestel, maar die groot fokus is om die gemeenskap om ‘n tafel te kry, eerder as ‘n ‘kry-en-ry’ opsie.


Heerlike koek, pretzels, neute en konfyte te koop
Heerlike koek, pretzels, neute en konfyte te koop

Lekker koekies en suurdeegbrood
Lekker koekies en suurdeegbrood

Johan kuier op StroomStories

Tydens ‘n episode van StroomStories, het Pieter Conradie met mede-eienaar en stigter, Johan Weideman, gesels oor Pad.langs en hoe hierdie droom in ‘n realiteit verander het. Kliek hier om na die volle episode te kyk. Lees ook die onderstaande artikel oor wat om in die toekoms te verwag:



Pieer en Johan tydens 'n episode van StroomStories
Pieer en Johan tydens 'n episode van StroomStories

Hulle tik al die boksies

Natuurlik moes ek self verder gaan ondersoek instel om hierdie nuwe koffiewinkel van my lysie af te tik. Die rustigheid en oop ruimtes is die eerste ding wat 'n mens opval. Ek kan die salted caramel latté en flat white beslis aanbeveel en hulle hoender mayonnaise roosterbrood is fenominaal! Dié is ‘n koffiewinkel wat my gereeld gaan sien.


Hoender en mayonnaise roosterbroodjie
Hoender en mayonnaise roosterbroodjie

Doen jouself en jou tastebuds ‘n guns en besoek Pad.langs Koffiewinkel. Die personeel en eienaars staan gereed om jou met breë glimlagte, fantastiese diens en heerlike kos en drinkgoed te ontvang. 


___________________________

Johané van Dyk - Potchefstroom


 
 
 

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating

Our Socials

  • Twitter
  • Youtube
  • Instagram
  • Facebook
  • TikTok

Rights Reserved - The Go-To Guy © ™ (Pty) Ltd 2018 - 2024

Site design and built by Digital Guy

Trademarks Registered CIPC 

Download Our App

google-play-badge-zc_edited_edited_edite

Contact Us: theguy@thegotoguy.co.za

Mia meent, Unit 5

17a Palmiet Street, Potchefstroom

A Few of Our Clients

WhatsApp Image 2024-11-27 at 09.28.30.jpeg
WhatsApp Image 2024-07-19 at 12.28.51.jpeg
369731994_707654494713529_3891009674814759362_n.jpg
438173397_853872976759746_4868760365258440028_n.jpg
328944114_494721249527544_808944456258605501_n (1).jpg
464089070_1055669206348560_5104816180158623830_n.jpg
378890902_217177861350232_4639266243132568662_n (1).jpg
403808952_754964333314706_70325916513886999_n.jpg
326134127_1115296055820979_3465257108086407162_n (1).jpg
438832982_404488349140861_8470007565960820605_n.jpg
305575021_489423449860897_35481771562383
365626055_697893672359203_3798341232106295039_n.jpg
Timberman.jpg
305398204_512194314246355_2527638739878484120_n.png
333686395_930504544798429_3149830237844445242_n.jpg
301963526_491307046333575_4220339095931269264_n.png
331430147_589989959691253_3568184503343644284_n.jpg
301115582_2022615814592943_5205340550469896770_n (1).jpg
bottom of page