top of page

The Gazette

LiggieFees 2025 - ‘n Ware skouspel van ligte

Nes elke Desember is daar groot opwinding, nie net omdat dit die Kersseisoen is nie, maar omdat dit weer tyd is vir Abraham Kriel Kinderhuis se LiggieFees. Hordes mense besoek elke aand die gronde vanaf 28 November - 31 Desember om die skouspel van liggies te beleef.



'n Spesiale jaar

Vanjaar se LiggieFees is besonder spesiaal - dit is die fees se tiende bestaansjaar. Wat begin het met ‘n paar duisend liggies, groot drome en ‘n groter verwagting, het ontplof in miljoene liggies, drome wat waar word en verwagtinge wat jaar na jaar oortref word. Die voorbereiding vir die fees begin al vroeg-vroeg en in April word die liggies stelselmatig opgehang. Dit is te verstane, aangesien dit ‘n allemintige taak is!



Die weer hou nie besoekers weg nie

Ondanks die temperamentele weer in Potchefstroom, is daar elke aand voete op die perseel. Van jonk na oud loop in verwondering en staar na die motiewe, liggies wat met musiek gesinchroniseer is sorg vir wonderlike video’s en om elke hoek en draai is daar ‘n foto-geleentheid. Besoekers kan uitsien na ‘n paar nuwe motiewe, Kersvader se Werkswinkel en die pragtigste feëtjietuin. 



Kom honger!

Die reuke wat die lug vul is genoeg om jou mond behoorlik te laat water en die maag te laat grom. Die tradisionele kerrie en rys, pannekoek en rib rolle is op hul gewone staanplek. Vanjaar is Pesto’s ook daar met die heerlikste koek - beslis ‘n stalletjie wat elke soettand moet besoek. Koffie, koeldrank en ander drinkgoed is ook natuurlik beskikbaar en daar is selfs ‘n snoepie (nie nét vir die jongspan nie).



Groot name vir 'n groot jaar

Omrede vanjaar ‘n gróót viering is, het Abraham Kriel Kinderhuis gróót name gekry om hierdie spesiale bestaansjaar te vier. Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Appel en Riaan Benadé is slegs ‘n paar kunstenaars wat die verhoog betree. Besoekers kan nog uitsien na Bobby van Jaarsveld, Kurt Darren, Jo Black en Bernice West - om slegs ‘n paar te noem. 


Foto (Voelgoed Media webtuiste): LiggieFees 2025 Program
Foto (Voelgoed Media webtuiste): LiggieFees 2025 Program

Dit is nou eers die helfte van die maand, maar ons weet LiggieFees 2025 gaan ‘n reuse sukses wees! Baie dankie dat julle altyd julle harte en deure vir die gemeenskap oopmaak, Abraham Kriel Kinderhuis. Dit is ‘n voorreg om ‘n bydrae te lewer in die lewens van jul kinders. Dankie aan die personeel wat hierdie enorme taak jaar na jaar aanpak om dit elke keer ‘n sukses te maak. Dit is beslis ‘n hoogtepunt op almal se kalenders. 


Ons sien alreeds uit na LiggieFees 2026!



Besoek gerus hul Facebook blad om op hoogte te bly van die nuutste verwikkelinge.

Koop vooraf LiggieFees kaartjies hier.


____________________________________

Johané van Dyk


'n Lusmakertjie

*Alle foto's verskaf deur The Gazette












 
 
 

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating

Our Socials

  • Twitter
  • Youtube
  • Instagram
  • Facebook
  • TikTok

Rights Reserved - The Go-To Guy © ™ (Pty) Ltd 2018 - 2024

Site design and built by Digital Guy

Trademarks Registered CIPC 

Download Our App

google-play-badge-zc_edited_edited_edite

Contact Us: theguy@thegotoguy.co.za

Mia meent, Unit 5

17a Palmiet Street, Potchefstroom

A Few of Our Clients

WhatsApp Image 2024-11-27 at 09.28.30.jpeg
035c03_2458bf672ec84a8ba9efaf95e692ae16~mv2.avif
369731994_707654494713529_3891009674814759362_n.jpg
438173397_853872976759746_4868760365258440028_n.jpg
328944114_494721249527544_808944456258605501_n (1).jpg
464089070_1055669206348560_5104816180158623830_n.jpg
378890902_217177861350232_4639266243132568662_n (1).jpg
Untitled design (23).png
326134127_1115296055820979_3465257108086407162_n (1).jpg
WhatsApp Image 2025-06-19 at 14.18.02.jpeg
305575021_489423449860897_35481771562383
365626055_697893672359203_3798341232106295039_n.jpg
289627124_437869745011710_8405690850303357096_n.jpg
574454283_122093287503106135_1417410876318841312_n.jpg
437537042_869865608488120_7118457527164040386_n.jpg
301963526_491307046333575_4220339095931269264_n.png
420200119_10161581655332603_8341872840245886307_n.jpg
301115582_2022615814592943_5205340550469896770_n (1).jpg
bottom of page